Man tussen vragmotor en versperring vasgepen

Die toneel. Foto: Verskaf.

Een man is dood en drie ander beseer toe die vragmotor waarin hulle gereis het Vrydagoggend by ʼn versperring op die N2-hoofweg in Athlone in die Wes-Kaap omgeslaan het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het saam met ander nooddienste by die toneel opgedaag en die vragmotor aangetref waar dit teen die versperring aanleun.

“Die liggaam van ʼn man was tussen die versperring en die vragmotor vasgekeer terwyl drie ander mans op die toneel rondgeloop het,” het Meiring gesê.

“Paramedici het die man wat vasgekeer was ondersoek en gevind dat hy veelvuldige beserings opgedoen en geen tekens van lewe getoon het nie. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Die ander beseerdes is volgens Meiring op die toneel behandel en na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere mediese behandeling.

“ʼn Gespesialiseerde reddingshyskraan moes gebruik word om die vragmotor van die versperring te verwyder.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

bgj van der westhuizen ·

kom stad kaap stad dit is een van jou voertuie het weer gejaag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.