Man twee keer lewenslank gevonnis vir moord, verkragting

Argieffoto

ʼn Gevangene van die Goedemoed-gevangenis in die Vrystaat is tot twee keer lewenslank gevonnis nadat hy ʼn bewaarder vermoor en ʼn ander verkrag het.

Die Vrystaatse hooggeregshof het Madala Sam-Sam lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op Nomsa Stuurman (35) en die verkragting van nog ʼn 33-jarige korrektiewe diensbeampte. Hy is ook nóg vyf jaar opgelê vir ontvoering.

Volgens ʼn verklaring deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) was Sam-Sam op 29 Oktober besig om ʼn afdeling in die tronk skoon te maak toe hy ʼn manstronkbewaarder geroep het onder die voorwendsel dat daar ʼn geveg uitgebreek het in een van die selle. Die bewaarder het die vertrek verlaat om ondersoek in te stel en hom dus alleen gelaat met twee vrouetronkbewaarders. Sam-Sam het in dié stadium reeds twee lewenslange vonnisse uitgedien vir moord, verkragting en aanranding.

Hy het die staaldeure van die kantoor gesluit met ʼn hangslot en die toegang met twee tafels versper. Hy was dus alleen in die afdeling met die twee vrouebeamptes. Hy het toe vir Stuurman aangeval met ʼn hamer. Ander beamptes het aan die ander kant van die deur opgedaag en by hom gepleit om op te hou. Hy het voortgegaan met aanval op Stuurman en haar doodgesteek met ʼn skêr. Toe het hy haar lewelose liggaam in die gang gelaat.

Daarna het hy die tweede beampte na een van die kantore geneem, gedreig om haar dood te maak en haar verkrag. Toe eers het hy homself oorgegee aan die owerhede.

Stuurman se dogter het ter verswaring van vonnis getuig dat sy nooit gedink het haar ma sou sterf aan die hand van ʼn gevangene terwyl sy haar land dien nie. “My ma se dood het my so onstel dat ek skool wou verlaat.” Stuurman se man, wat ook ʼn tronkbewaarder by dieselfde tronk is, het getuig die voorval het onenigheid tussen hom en sy skoonfamilie gebring, omdat hulle dink hy iets met hul dogter se dood te doen gehad het. Die staatsaanklaer, adv. Moipone Moroka, het gesê die aanval was vooraf beplan, aangesien Sam-Sam drie dae voor die aanval ʼn skêr in sy sel weggesteek het.

In sy uitspraak het regter Cagney Musi gesê die beskuldigde is gewelddadig en moet uit die samelewing verwyder word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Zorro ·

Hy dien reeds lewenslank uit vir onder andere moord. Hoe gaan hulle hom uit die samelewing verwyder? Hy sit nog steeds waar hy gesit het en doen nog steeds wat hy gedoen het. Geen straf.

Chris Ws ·

Hy dien rreds twee lewnslange gevangenis strawwe uit .Wat gaan nog twee hom of die twee vorue bewaarders help?NIKS!Hy moes sumier ter dood veroordeel gewees het en hulle moes hom opgehang het voor al die gevangenis om ‘as voorbeeld te dien.

Charles Muller ·

Dis geen straf vir hom nie. Hy gaan binnekort maar net weer doen wat hy gedoen het.

Taxpayer ·

n Hamer en n sker in sy besit. Hier het die bewaarders nie hul werk gedoen nie!!!!!!!!!

Hector Jooste ·

Wat ‘n onsinnige vonnis! Hy was dan reeds uit die samelewing verwyder! Die regter se uitspraak is tekenend van die steriliteit van die Suid-Afrikaanse regsisteem!

George in Bloem ·

“Hullw pleit by hom om op te hou”? Rerig? Wat van breek die deur oop en slaan hom laat hy by die dood omdraai. Hy sal dit BAIE beter verstaan as enige belaglike ou vonnissie. Die ou is klaar lewenslank in die tronk. Wat het hy om te verloor? Maar ek jan jou wed ordentelike stomp geweld “will get the message across”. Die tronkpersoneel het in die geval hulle plig versuim en was gruwelik nalatig(hoe het hy aan die wapens gekom?En die manlike bewaarder los die twee vroulikes alleen met ‘n moordenaar in ‘n vertrek wat van binne kan sluit?) en is eintlik net so verantwoordelik as die gevangene.

My Stem ·

Sluit hom toe in eensame afsondering tot hy nie meer asem haal nie!!

Philip ·

Hang die ding. Het geen respek vir mense nie. Verstaan net nie hoe hy as man tussen vroue tronkbewaardes “losgelaat” word nie

jakes ·

In elke tronk is daar een of twee 27 bendelede wie uitsluitlik verantwoordelik is om ander gevangenis uit die samelewing te verwyder. Hul fooi is sowat n R100 per klient. Waarom maak die bewaarders nie n plan nie? Hoe langer hy in die tronk lewend gaan bly, hoe meer gaan hy moor en verkrag.

Maljan ·

Daar is vroulike bewaarders in manlike tronke en manlike bewaarders in vroulike tronke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.