Man twee keer vir spoed gevang

Argieffoto(BMW 325i, 2010-model)

Argieffoto(BMW 325i, 2010-model)

ʼn 54-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo twee keer in Midrand en Johannesburg die spoedgrens verbreek het.

“Die man, met sy wit BMW 325i, het 192 km/h in ʼn 120km/h-sone op die N1 gery, maar hy het versuim om vir Tshwane-metropolisiebeamptes te stop,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die JMPD, Sondag gesê. “Beamptes van die Johannesburgse metropolisie het hom weer in Johannesburg opgemerk toe hy teen 200 km/h gery het. Die beamptes kon hom voorkeer en het die man in hegtenis geneem.”

Die man is na Pretoria teruggeneem en word daar aangehou. Hy sal binnekort in die landdroshof in Midrand verskyn op aanklag van die oortreding van die spoedgrens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.