Drie verdagtes, onder wie twee tieners, is oor die naweek in hegtenis in verband met die moord op Lourens de Villiers (66).
De Villiers is verlede week dood voor sy huis buite Calitzdorp in die Klein-Karoo aangetref.
ʼn 14-jarige het homself Saterdag aan die polisie oorgegee in verband met die voorval en hy is in aanhouding, het sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, gesê.
“Verdere ondersoek dieselfde dag het die polisie na ʼn huis in Bergsig gelei waar hulle op gesteelde items wat aan die oorledene behoort het, beslag gelê het.” Daar is onder meer op huishoudelike items en De Villiers se bakkiesleutel beslag gelê.
ʼn 30-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van moord en die besit van gesteelde eiendom. ʼn 15-jarige seun is ook dieselfde dag in hegtenis geneem nadat hy met die voorval verbind is.
De Villiers se liggaam is Dinsdag omstreeks 16:00 gevind nadat sy familie onraad vermoed het toe hulle hom nie in die hande kon kry nie. Sy bakkie was weg maar is later in Matjiesfontein gevind.
Die drie verdagtes sal na verwagting vandag in die Calitzdorp-landdroshof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Pleeg al moord op so ‘n jong ouderdom en dan moet my kleinkinders nog saam met hulle skoolgaan en grootword? Afskuwelik.
14 en 15 jariges……. Dis ons land se vooruitsig en ek is bevrees dit gaan nie beter raak in die volgende paar dekades nie. Skokkend!!
Net die doodstraf sal moordenaars stop,tronkstraf is geen afskrik vir die moordenaars nie. as daar die moontelikheid bestaan dat jy self jou lewe kan verloor sal hulle twee keer laat dink voor hul so daad beplan of doen.
Hoe hartseer dat kinders goddeloos grootword.
Dit is skokkend, die ouderdom van die moordenaars.