Man, twee tieners vas ná Calitzdorp-moord

Lourens de Villiers. (Foto: Facebook)

Drie verdagtes, onder wie twee tieners, is oor die naweek in hegtenis in verband met die moord op Lourens de Villiers (66).

De Villiers is verlede week dood voor sy huis buite Calitzdorp in die Klein-Karoo aangetref.

ʼn 14-jarige het homself Saterdag aan die polisie oorgegee in verband met die voorval en hy is in aanhouding, het sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, gesê.

“Verdere ondersoek dieselfde dag het die polisie na ʼn huis in Bergsig gelei waar hulle op gesteelde items wat aan die oorledene behoort het, beslag gelê het.” Daar is onder meer op huishoudelike items en De Villiers se bakkiesleutel beslag gelê.

ʼn 30-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van moord en die besit van gesteelde eiendom. ʼn 15-jarige seun is ook dieselfde dag in hegtenis geneem nadat hy met die voorval verbind is.

De Villiers se liggaam is Dinsdag omstreeks 16:00 gevind nadat sy familie onraad vermoed het toe hulle hom nie in die hande kon kry nie. Sy bakkie was weg maar is later in Matjiesfontein gevind.

Die drie verdagtes sal na verwagting vandag in die Calitzdorp-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anoniem ·

Pleeg al moord op so ‘n jong ouderdom en dan moet my kleinkinders nog saam met hulle skoolgaan en grootword? Afskuwelik.

Misky ·

14 en 15 jariges……. Dis ons land se vooruitsig en ek is bevrees dit gaan nie beter raak in die volgende paar dekades nie. Skokkend!!

jzjz05 ·

Net die doodstraf sal moordenaars stop,tronkstraf is geen afskrik vir die moordenaars nie. as daar die moontelikheid bestaan dat jy self jou lewe kan verloor sal hulle twee keer laat dink voor hul so daad beplan of doen.

Di ·

Ja daar is duisende tieners daar buite wat ook op dieselfde manier groot gemaak word. Voel niks vir mens of dier se lewens nie. Politieke parye dra ook nie veel by om hierdie tipe gedrag stop te sit nie – van hulle hits nog die tieners om hierdie tipe dade te pleeg.

MAGRIETHA ·

Die regering moet n ouderdoms beperking da stel vir vir die wat toy toy ook want van hulle toy toy van kleins af al ,dis waar dinge skeefloop want di kinders dink dis normaal sterkte vir oorledene se familie

Andre ·

Ek hoop daar is genoeg plek in Calitzdorp vir die EFF as hulle gaan betoog buite die hof vir hierdie gruwel daad!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.