Man, twee vroue in huis in PE oorval

Argieffoto: Nico Strydom

Die polisie in Port Elizabeth in die Oos-Kaap is steeds op soek na drie rowers wat Maandag in die vroeë oggendure ʼn huis in Sardinia Bay-weg binnegestorm en ʼn man en twee vroue oorval het.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, sê ʼn 48-jarige man het saam met sy vrou en skoonsuster televisie gekyk toe drie mans net ná middernag die huis deur ʼn skuifdeur binnegekom het. Die rowers was met messe en ʼn breekyster gewapen.

Volgens Janse van Rensburg het die mans, wat almal klapmusse gedra het, geld, vuurwapens en selfone by die huisbewoners geëis. Daarna is die drie slagoffers vasgebind en in ʼn slaapkamer toegesluit terwyl die rowers die huis geplunder het.

Die boosdoeners het met juweliersware, parfuum, vyf televisiestelle, twee skootrekenaars, vier selfone en ʼn onbevestigde bedrag kontant op die vlug geslaan.

Die slagoffers is nie ernstig beseer tydens die voorval nie.

ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ekke ·

3 studente in Potchefsroom ook deur gewapende rowers 3 uur Saterdag oggend oorval.. Dit het nie eers sosiale medie gehaal nie. Tragies.

jk ·

Jy is besorgd oor die hoeveelheid TV’s.Dis mos hul saak hoeveel hul het.Plaas jy het empatie met hulle,hulle kon dood gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.