‘n Man is Donderdag tydens ʼn skietvoorval in Alberton aan die Oos-Rand gewond.
Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die voorval het in Swartkoppiesweg in Brackenhurst plaasgevind.
“Inligting oor wat moontlik tot die skietery gelei het, word deur die polisie ondersoek,” het Steinmann gesê.
Sy sê die man is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.