Man tydens familiekuier vermoor

mesʼn Man is Sondag tydens ʼn familiebyeenkoms by ʼn huis in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, met ʼn skerp voorwerp doodgesteek en ses mense is beseer.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het in ʼn verklaring gesê die voorval het omstreeks 16:00 in Tambo Ville plaasgevind. “Die man was reeds dood toe die polisie en paramedici by die toneel aangekom het,” het Botha gesê. “Twee mense is tydens die voorval kritiek gewond. Hulle is self deur familielede na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Volgens Botha het vier mense geringe beserings opgedoen, en die polisie het hulle ondervra.

Die rede vir die aanval en wat daartoe gelei het, is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trippie ·

Sommiges het nog nooit die “kuns” bemeester om verskille uit te PRAAT nie.

Bessie ·

Sommige mense het weer niks om te doen nie. Dink hulle moet vir hul n hobby of n man kry. ;-) LOL

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.