Man tydens huisroof doodgeskiet

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

Argieffoto: Kent Williamson

Die Limpopo-polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na ʼn groep verdagtes wat Saterdagoggend ʼn man in sy huis buite Mokopane (Potgietersrus) tydens ʼn huisroof doodgeskiet het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in ʼn residensiële gebied in die Elandskraal-polisiëringsgebied plaasgevind.

“Die 50-jarige slagoffer en sy vrou het geslaap toe ʼn onbekende hoeveelheid gewapende verdagtes omstreeks 03:00 toegang tot die huis verkry het deur een van die vensters aan die agterkant van die huis,” het Ngoepe gesê.

“Hulle het ʼn vuurwapen op die man gerig en hom in die kop geskiet. Hy is op slag dood.”

Die verdagtes het die huis geplunder en met ʼn bedrag geld in die egpaar se Toyota Land Cruiser van die toneel gevlug. Die voertuig is later verlate ʼn paar kilometer van die huis af gevind.

Die vrou het geen sigbare beserings opgedoen nie, maar is na ʼn hospitaal geneem om vir skok behandel te word.

“Die verdagtes is onbekend en niemand is nog teen Sondagoggend in hegtenis geneem nie,” het hy gesê.

Die man is intussen as Collins Baker (43) geïdentifiseer. Sy vrou is 40 jaar oud en is nog in die hospitaal.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johann Marx ·

Die konstitusionele Reg tot Lewe moet gebalanseer word met die Reg om NIE te Lewe NIE. As jy 1. ‘n kind verkrag, 2. dwelms smokkel, 3, ‘n gewapende aksie beplan of uitvoer, en 4. iemand se lewe neem, behoort dit vir die Konstitusionele hof ‘n duidelike teken te wees dat jy die Reg om NIE te Lewe nie verkies, en moet ons jou voorsien van NOG VYF eg demokratiese keuses nl, galg, vuurpeleton, dodelike inspuiting, elektriese stoel, gaskamer. Niemand oordeel niemand nie, niemand straf iemand anders dood nie,……JY, deur die uitlewing van jou keuses, bepaal die uitkoms van jou gedrag. Jy is altyd vry om te kies, maar jy is nooit vry van die gevolge van jou keuses nie….behalwe as jy in Suid Afrika iemand vermoor, dan loop jy los rond.

Johann Marx ·

Elsa, die probleem wat ek het met jou stelling is dit: Hoewel die doodstraf in SA afgeskaf is in ons howe, is dit nie afgeskaf in ons samelewing nie. ‘n Hoofregter, bygestaan deur sy kollegas, met al die tyd en bewysstukke nodig, mag nie die doodstraf uitspreek nie……maar ‘n konstabel (vars uit opleiding) met ‘n vuurwapen kan in ‘n oomblik ‘n situasie opsom, jou skuldig bevind, jou vonnis, en die vonnis voltrek (sonder dat jy ooit skuldig bewys is)…….Is dit wat ons in hierdie land wil hê?

Antoinette de Greeff ·

My Hart gaan uit na sy geliefdes. Mens lees so baie dat die rowers met n groot bedrag kontant weggekom het. Waarom hou mense groot bedrae kontant in n huis. Is dit nie die rede vir die roof nie.

Mathilda ·

Nee dit is nie die rede vir die aanvalle nie. Die rede is om paniek te saai, om te moor en mense van hulle grond te verdryf.
Wie kan se hoekom hierdie mense geld in die Huis gehad het? Daar was sekerlik n rede en dis nie ons besigheid om te weet hoekom nie. Die vraag moet wees: hoekom kan mense nie in hulle EIE huis he net wat hulle wil nie, en hoekom kan n man nie in sy eie bed le en slaap nie? Wie de hel gee enige een die reg om in n huis in te breek en die inwoners aan te val?

Boerseun ·

Waarskynlik nog ‘n terroristiese en rassistiese swart-op-wit haataanval.

J ·

Bekende nie- blanke egpaar van Marble Hall area. Maak nie saak watter ras nie, almal word geteiken. Nog klein kinders wat nou sonder n pa moet groot word.

hendrik ·

Hulle kyk hoe ver hulle kan gaan met die moorde op blankes. Dit is terrorisme op die hoogste vlak, selfs erger as die moorde op verafgelee plekke in die ou SWA tydens die bosoorlog op die grens. Dit was al lankal tyd om saam te staan en dan …..julle weet wat.

johannes ·

Gaan witmense in die nag en gaan skiet swartmens dood in hulle huise ?Nee ons doen dit nie.DIS N RASSE AANVAL IN DIE UITERSTE GRAAD.Hoe is dit vergelykbaar metdie doodskis saak.?Belaglik.Dit is by die tipe hofsake waar hulle mens opsteek om witmense dood te maak.

Moet ons hulpeloos toekyk?

Anoniem ·

Ek sekondeer. Jou keuse sal jou lot bepaal. Johan vir president.

Jakoba ·

So bitter jammer mag sy geliefdes versterk word ons huil saam. Johan M ek stem saam ook saam meeste van bg kommentare. ?

tekkie ·

Moord bly moord dis nie ‘n rooftog nie… hulle bly moordenaars

Chrisjan ·

Dit was ‘n beplande moord en toe vat die moordenaars goedere om dit na ‘ rooftog te laat lyk.Die Landcruiser getuig hiervan want hoekom hom net ‘n ent ry en los?Daai voertuig is waardevol en kon vinnig oor die landsgrens geneem word en verkoop word.

Mariaan ·

As mens dié goed lees wil jy stik van woede en die wete dat às die moordenaars gevang word, hulle regte ter sprake kom en en hulle tog so versigtig hanteer moet word.

PJC ·

ń Baie hartseer storie maar duidelik het hierdie arme mense ook nie voldoende veiligheids maatrëels in plek gehad vir die toestande waarin ons leef nie. Geen mens moet instaat wees om jou eiendom te betree sonder dat jy wakker word nie.

Dirk01 ·

Dit is vir my n bekommernis dat mense hier aanhou om meer aandag op blankes te vestig en elke keer die rasse kaart speel en skimpe van wapens op te neem maar met geen sinvolle raad vorendag kom nie . Die beskikbare navorsing deur Afri Forum se statistieke wys meer na die buite landse burgers wat die misdade pleeg .Aan hitsing gaan hier nie help , ons moet besef boere is geisoleerd en n maklike teiken en moet daar voor meer paraad en georganiseerd wees . Huis rowe in die stedelike omgewing is net so hoog en gevaarlik en vind net so baie plaas , ons samelewing het gewoond geraak aan misdaad op sekere vlakke agv van n mislukte polisie diens , die magdom florende sekuriteits maatskappye is n duidelike bewys . Aan Johan Marx wil ek net noem wat hy hier aan roer is so waar en gee n mens n topic meer skrikwekkend is wat ons besef .

Antoinette Burger ·

Ek se nie dis Zimbabwiers nie, maar van hulle is baie betrokke by die misdade in ons land. Ons hoop en bid dat hulle na hulle eie land sal terugkeer en ons diegene wat opgesluit is sal terugstuur sodat hulle in hulle eie tronke kan sit en verrot. Siek en sat vir buitelanders wat hier kom maak en breek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.