Man tydens huisroof geskiet

Inwoners het RUSA na die toneel ontbied. (Foto: Reaction Unit South Africa/Facebook)

ʼn Man is Donderdagaand geskiet toe rowers by sy huis in Waterloo in KwaZulu-Natal ingebreek het. Een van die slagoffer se bure het hom te hulp gesnel nadat hy heelwat bloed verloor het.

Volgens Reaction Unit South Africa (RUSA) het inwoners van Spinachweg hulle na die toneel ontbied. Polisiebeamptes en paramedici het later by die toneel opgedaag.

Twee gewapende rowers het glo die man se huis deur ʼn oop deur binnegekom. Hulle het een slagoffer van sy motorsleutels beroof. Daarna het hulle na die boonste vlak van die huis gegaan en ʼn tweede slagoffer, wat ook in die huis was, in sy linkerbobeen geskiet en ook sý motorsleutels gevat.

(Foto: Reaction Unit South Africa/Facebook)

“Die rowers het toe in die slagoffers se rooi VW Polo TSI (NJ 46936) en maroen Toyota Etios (NUR 72410) gevlug,” lui RUSA se verklaring.

ʼn Paramedikus wat van diens af was en in die omgewing woon, het die man se been behandel nadat hy heelwat bloed verloor het. Hy was in ʼn ernstige maar stabiele toestand toe hy na ʼn nabygeleë hospitaal vir verdere behandeling geneem is.

“RUSA-beamptes is tans op die spoor van die verdagtes en die gesteelde motors.”

ʼn Saak van poging tot moord word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Persheks Adri

Sien jy Cele hulle kom roof ons met vuurwapens en jy reken daar’s ‘n afname in vuurwapengeweld? Net nog meer rede om ons nie te ontwapen nie!!!

lodewyk

Hulle kom met wapens,dus moet ek maar met my kettie onder my kussing slaap aangesien ek nie meer n wapen mag besit nie,want ek mag mos nie my en my familie verdedig nie,ek hoop hierdie saak word as n voorbeeld gebruik om teen die omstrede wapen wetgewing te baklei,sterkte aan die inwoners wat gewond is en hoop vir n spoedige herstel,dus as ek beroof word met n wapen en ek kan my nie srlf verdedig nie omdat my lisensie afgekeur is,glo my ek sal die regering ry in die hof!! En ook n saak maak teen die minister van polisie