Man tydens huisroof in rug geskiet

Foto: Netcare 911

ʼn Man is Vrydagaand in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal gehaas nadat hy tydens ʼn huisrooftog in Krugersdorp in die rug geskiet is.

Die voorval het omstreeks 21:40 by ʼn huis in Mindalore gebeur.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 64-jarige man en 57-jarige vrou was in die woonkamer toe hulle deur ʼn gewapende rower gekonfronteer is. Die rower se vier makkers het kort daarna by hom aangesluit.

“Die eerste rower het ʼn vuurwapen op die egpaar gerig en die vrou vasgebind. Die ander vier rowers, gewapen met ʼn breekyster en ʼn piksteel, het die man glo deur die verskillende vertrekke van die huis geneem om waardevolle items bymekaar te maak,” het Ernst gesê.

Die man is daarna ook in die woonkamer vasgebind.

In hierdie oomblik het die egpaar se huurder, ʼn 48-jarige man, die huis binnegekom en ʼn struweling het tussen hom en die rowers ontstaan. “Die huurder is in sy rug geskiet en die vrou is met die piksteel op haar rug aangerand.”

Die rowers het daarna op die vlug geslaan.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is na die huis ontbied waar hulle ʼn man met twee skietwonde in sy rug aangetref het. Hy was in ʼn ernstige toestand. Paramedici het die man op die toneel behandel voordat hy na ʼn hospitaal geneem is.

Ernst het gesê die voorval word deur die Wesrand-trio-taakspan ondersoek. Enigiemand met meer inligting word versoek om dit by Stop Misdaad by 0860 010 111 aan te meld. Inligting kan anoniem deurgegee word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Boerseun ·

Vra die ANCom die skuldiges te help vastrek – dis hulle ondersteuners en lede wat so plunder, verkrag en vermoor. Feite!

Boeremeisie ·

My hart breek vir ons mense!!! Tydens ons huisroof 4 jaar gelede, was daar ook 5. Die een met die pik het ons voordeur met een slag oopgekap. Dit was nie 30 sekondes nie, toe is al 5 in die huis………

Dorothea ·

Ek voel so jammer vir julle wat gebeur het. Verlede week Donderdag was dit ons beurt. Hulle was vyf. Ons Sukkel nog om van die trauma te herstel.

GP ·

Boeremeisie en Dorothea. Baie jammer om te lees wat julle deurgegaan het. Hoop werklik julle elkeen kry n manier om die trauma te verwerk. Dis moeilike tye waarin ons lewe. Sterkte.

Penellope Jones ·

Kriminele het die oorhand.
Hulle doen wat hulle wil, waar hulle wil, wanneer hulle wil, met wie hulle wil.
Suid-Afrika het nie ‘n regering wat misdaad wil vasvat nie – hulle kyk eerder anderpad want as hulle dit nie sien en hoor nie, dan het dit mos nie gebeur nie. . . .

Letta ·

Ja, en so word dít ook ondersoek om net niks te kry nie. Tipies. Plunder en moor en verder gebeur niks.

Nita ·

Hierdie is n oorlog. En dis tyd dat die regering die weermag inroep en n gedeeltelike krygswet instel. Mense moet enige tyd van die dag of nag voorgekeer kan word. Identifikasie moet gevra word en ook waarheen jy op pad is. Nou maak en breek almal nes hulle wil. Algehele wanorde heers.

regtig ·

Hendrik jy praat nou strooi en ek hoop jy weet dit. Anders het jy minder breiselle as eerlike mense in parlement. Ons ekonomie is besig om te vou agv misdaad syfers wat so hoog is.

En glo my……..daar word baie baie meer swart mense in Suid-Afrika geroof en gemoor as wit mense.

Maroela Media berig net in die meeste gevalle waar ons mense betrokke is. Gaan vir net een aand in n informele nedersetting in en gaan kyk wat gaan daar aan. Eks seker jy sal dit nie n uur oorleef nie.

anton ·

Die weermag inroep??? HA HA.
Watter een??? Die onbevoegde een van s.a?
Nee wat, los maar eerder en sluit aan by n buurtwag wat iets beteken.
Polisie, metro en weermag in s.a is n grap en is bloot net salaris trekkers en n las vir die belasting betalers.
En ”regtig”……..dat swartes meer aangeval en beroof ens. het werklik niks met die saak uit te waai waar blankes die slagoffers is nie.
Die punt is dat blankes nie swartes daagliks aanval en moor ens. nie. Vergelyk bietjie appels met appels toe.
As hulle mekaar moor en roof, is dit beslis nie ons skuld nie!!!

Noord Transvaal ·

Regtig, miskien moet jy vanaand daar ‘n draaitjie gaan maak…..

regtig ·

Noord Transvaal. Eks ten minste een keer per maand vir n week in so area op bystand.

Gaan maak enige dag by die staats lykshuis n draai en gaan kyk wat gaan daar aan. Kyk waar kom die meeste lyke vandaan.

Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek haat dit wat besig is om met ons mense te gebeur. Maar baie mense lewe onder n wanindruk dat dit net met ons gebeur. Glo my…..julle is verkeerd.

Koos ·

Ou “Regtig” praat twak. Wonder waar hy op bystand is? Hulle martel nie hulle eie mense met kookwater en strykysters nie. Noem bietjie hoeveel gevalle voorgekom het die afgelope 10 jaar waar ons hulle in hulle huise geroof, gemoor of verkrag het.

Johan ·

Regtig, die feit dat misdaad hoogty vier in die “townships” beteken geensins dat ons onbeheerde misdaad in ons omgewing moet aanvaar nie, of dat misdaad reg is nie, of dat ons nie geregtig is op beskerming nie. Die stelsel is afgebreek tot op die punt waar elke individu of groep verantwoordelikheid moet neem vir hul eie omstandighede. Wat op hierdie tipe gesprek bespreek word is deel daarvan, anders moet ons maar net soos die ander bevolkingsgroepe terugstaan en alles wat gebeur goedsmoeds aanvaar.

Andre ·

Bewapen en verdedig jou SELF!

Niemand anders gaan dit dit doen nie.

Dis OORLOG!

Oom Jaco ·

Stem saam André. Solank as wat mense nie besef dat ons in ń oorlog is teen misdaad en dienooreenkomstig optree nie, sal sulke gevalle bly toeneem.

Vaalknapie ·

Natuurlik het die regering en die weermag niks met huisrowe en plaasaanvalle te doen nie. Kyk maar na die Sannieshof plaasaanval gedateer 17 Des 2015. Die aanvallers het n militere seinblokkeerder gehad om alle radio an selfoonkommunikasie te blokkeer. Hendrik mense soos “regtig” ruik nog nie die koffie nie.

Ou Agiele Bosvark ·

@regtig
Beste Regtig, die hoofredes vir SA se toenemende ellende is die ongebreidelde bevolkingsaanwas en die feit dat SA nie ‘n wêreldkompeteerbare land betreffende uitvoere is nie. Dus verdien SA te min valuta om welvaart te skep en mense se hande en koppe opbouend besig te hou. Kriminaliteit is net ‘n uitkoms van hierdie oorsake en nie ‘n oorsaak nie. Om wêreldkompeteerbaar te wees beteken om doeltreffend en effektief en kreatief produkte vir buitelandse verkope te lewer.
Deel met ons die statistieke: hoeveel witmense uit ‘n bevolking van 100,000 witmense loop onder welke misdaad deur teenoor hoeveel swartmense per 100,000 swartmense. Dan kan ons appels met appels vergelyk.

Abe ·

MM hou ons asb bietjie op hoogte van die stand van “ou” sake soos die mooinooi moorde. Wanneer kom die weer voor ens.? Is daardie verdagtes nog in aanhouding ?

Koos de Meyer. ·

Moenie dink dit kan nie met jou gebeur nie. Hulle het nie eers meer ontsag vir die huis van God nie. Hulle roof en moor, verkrag en wat nie alles nie. Bewapen jouself en wees paraat. Nêrens is jy meer veilig nie. Meeste in plakkers kampe is ongewenste vreemdelinge wat dood gemaak word. Moenie die moorde van blankes met hulle vergelyk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.