Man tydens kaping doodgeskiet

Argieffoto

ʼn Man in sy 50’s is Saterdagmiddag tydens ʼn kaping in Durban, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.

Die voorval het omstreeks 13:00 in Kiesweg in Reservoir Hills plaasgevind, volgens Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care.

Volgens Jamieson het Rescue Care talle oproepe oor ʼn skietery ontvang en het hulle na die toneel gehaas.

“By ons aankoms op die toneel is ʼn kritiek beseerde man op die grond aangetref. Hy is in die bors geskiet.”

Jamieson het gesê paramedici en ʼn traumadokter het vir 30 minute lank gespook om die man se lewe te probeer red, maar hy is later op die toneel dood verklaar.

Die polisie was op die toneel en die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Drieks ·

Al ooit gehoor die President spreek hom uit na so sinnelose misdaad en dood. Nee. Want dis hul Anc trots. En 57 % stem vir hul…

Demokrasie werk nie ·

Ja, demokrasie werk nie, ons kort n nuwe stelsel en waar ons nie deur onderdrukkers on kriminele regeer word nie.

Lizelda ·

Ek kan ook nie onthou dat die DA hulle medelye aan die hoerskool Driehoek tragedie toegespreek het nie. Selfs die EFF en ANC was eerste om medelye te gee maar nie ons liewers DA nie. Eers later toe mense warm onder d kraag was het Solly Msimange iets gese in sy persoonlike hoedanigheid.

Cherokee ·

En Lizelda, geen DA ondersteuner in hierdie groep, waarvan vele, reageer op wat jy sê nie.

humor ·

As so verslag gedoen word van ” n man” dan klink dit vir my die regte een wat dit verdien het sy rieme styf geloop.

willem Botha ·

En so ondersoek hulle alles en vermag niks behalwe om die belasting betaler se geld te mors.

sweis ·

Hoekom is daar so min misdaad in Botswana,omdat mense opgevoed is en die doodstraf n afskrikmiddel is .Hoekom is daar so min misdaad in Namibië want Nampol doen hulle werk en misdaadvoorkoming is vir hulle n prioriteit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.