Man tydens kaping vermoor

Die verdagtes. Foto: SAPD

Die verdagtes. Foto: SAPD

Vyf verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn man ten aanskoue van sy vriendin doodgeskiet is in Broederstroom, naby Hartbeespoort in Noordwes.

Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie, het gesê die paartjie was omstreeks 19:15 Woensdagaand naby die Lanseria T-aansluiting in Broederstroom, toe ʼn Toyota Quantum by hulle stilgehou en vyf mans uitgespring het.

“Die mans was gewapen en het die paartjie beroof voordat hulle die man doodgeskiet en met die motor gevlug het.” Volgens Talane was die vermoorde man van Zimbabwe en het hy en sy vriendin glo in ʼn gehuurde motor gery.

Die vyf verdagtes, tussen 19 en 32 jaar oud, is Donderdag in Atteridgeville in hegtenis geneem. “Die ondersoek het aan die lig gebring dat die verdagtes hulle al vir ʼn ruk lank in die omgewing van die vulstasie as verkeersbeamptes voordoen. Hulle nader slagoffers, bind hulle vas, rand hulle aan en beroof hulle.”

Die gekaapte voertuig is intussen teruggevind en die polisie het ook op drie vuurwapens beslag gelê. Die verdagtes sal na verwagting vandag in die hof verskyn op aanklag van moord, kaping en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jan ·

Mens kan nou sien waarom die regering teen die doodstraf is. Simplisties gestel, as net alle moordenaars waaroor ons die afgelope week of twee hier gelees het, die doodstraf moes kry, dan sou dit ‘n skrikwekkende aanklag teen die land wees, wat nog te sê van alle moordenaars die jaar. Dit sou ‘n slagting wees wat die menswees van enige mens, hoe gehard aantas.

Die vraag is, wat doen die regering om hierdie mense se omstandighede te verbeter, dat hulle hul nie tot misdaad wend nie, of het misdaad vir hulle soos ‘n alledaagse werk geword wat hulle in kantore sit en beplan, werksure 24/7.

Is hulle so afgestomp en desperaat?

Na 25 jaar van probeer, wat is die regering se alternatief vir hierdie mense, of aanvaar die regering dat misdaad deel van ons ekonomie geraak het, die daaglikse aktiwiteite van die mense in die land?

Jean ·

Neewat die regering het ‘n saak met sy ‘voters’, hulle is nou in beheer en ry die soustrein tot sy wiele afval en die ‘agtergeblewenes’ is nog net waar hulle was. En ja dit is duidelik hoekom die doodstraf in SA nooit toegepas sal word nie want die ANC se voters sal eerste aan die pen ry, en dan sal hulle moeilik aan bewind bly. Waarmee ek NIE met jou saamstem nie is dat iemand hom tot misdaad moet wend as hy ‘sukkel’. Weereens hoekom nie net die mense beroof en die kar gesteel as dit AL is waarvoor hulle gekom het nie, hoekom die WREDE moord daarby? Neewat swaarkry en hongerly was nog nooit ‘n verskoning vir MOORD nie, dis een ding om te steel en heeltemal iets anders om te VERMOOR!!

Lance ·

Wonder hoekom het Botswana nie die probleem nie …..hulle het die doodstraf dis hoekom !

FM ·

Lance jy slaan die spyker op die kop. Die meeste moordenaars is swartmense. Maroela ek is nie rassisties nie, dis mos feite die. EN DAAROM sal regering nie doodstraf instel nie. Was dit net andersom dan sou jy gesien hoe vinnig word dit ingestel. Hierdie feite speak for itself!

hans ·

Die doodstraf sal nooit in sa ingestel word nie want daar gaan niemand oorbly om vir die anc,da en eff te stem nie.

oelof van wyk ·

as die doodstraf ingestel word sal die misdaad syfer met ten minste 50% daal

Blom ·

Kyk ek was ook altyd GROOT voorstander van bring die doodstraf terug. Maar toe besef ek, ons het Zuma aan bewind. Hy het die finale sê oor doodstraf. Kan julle net dink hoe vinnig gaan sy teenstanders uigeroei word met opgemaakte misdade. Ek en jy is ook sy teenstanders. Nie ‘n mooi prentjie nie.

Hannelie ·

Hoekom word hul gesigte nie gewys nie? Omdat moordenaar uitgekerf is op hul gesigte?
Doodstraf MOET teruggebring word, dan sal die regering van al die gemors ontslae raak in hierdie eens mooie land.

Justice ·

Want Hannelie dan word dit ‘n regstegniese punt waarop hul prokureurs hulle skotvry laat kom.

Jeanette Visser ·

Doodstraf?????? Waar gaan hulle die duisende huisves terwyl hy op “deathrow” is?

Dolla ·

Ek se ook bring doodstraf terug. Te veel onskuldige mense word vermoor. En dit party keer net vir n foon. Dis aaklig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.