Man tydens kapingsdrama doodgeskiet

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

ʼn Vermeende kaper is Donderdag by ʼn vulstasie buite Oos-Londen in die Oos-Kaap doodgeskiet deur ʼn polisiebeampte wat toevallig daar brandstof ingegooi het.

Kapt. Mluleki Mbi, polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê die beampte was in sy private voertuig by die vulstasie in Mdantsane toe ʼn motor skielik van agter daarteen gebots het.

“Daar is later vasgestel dat die bestuurder van die motor twee rylopers in die NU11-buurt van Mdantsane opgelaai het,” het Mbi gesê. “Een van die rylopers het ʼn vuurwapen uitgeruk terwyl hulle gery het en die bestuurder beveel om van die pad af te trek. Die bestuurder het hom egter verset en tot die naaste vulstasie gejaag terwyl die gewapende verdagte hom met die vuurwapen geslaan en skote afgevuur het.”

Ná die botsing het die beampte uit sy motor geklim om ondersoek in te stel. Die verdagtes het uit die voertuig gespring en een van hulle het op die beampte losgebrand. Die beampte het teruggeskiet en ʼn verdagte, in sy 20’s, noodlottig gewond. Die ander verdagte kon daarin slaag om weg te kom en is steeds soek.

Die polisie en die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Boesman ·

Beste nuus heel week. Dis PRESIES wat ek ook in so ‘n situasie sal doen. Nice man nice.

dirk ·

wens dinge was anders vir die twee boewe. vir die hele land se bevolking ook – vir wat dit werd is

Asjas ·

En die eienaar van die voertuig?? Daar word geen melding gemaak van sy toestand nie?

KarooKlong ·

Die beampte het gedoen wat enige mens wat in daardie situasie verkeer moet doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.