Man tydens kapingspoging doodgeskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Man is Woensdagoggend in spitsverkeer aan die Wes-Rand in ʼn kapingspoging doodgeskiet.

Kapt. Kay Makhubele, provinsiale polisiewoordvoerder van Gauteng, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 08:00 by die kruising van Ontdekkers- en Moutonweg in  Roodepoort plaasgevind.

“Twee verdagtes het probeer om ʼn BMW te kaap. Hulle het met ʼn voertuig naby die BMW stilgehou, uitgespring en vuurwapens op die bestuurder gerig,” het Makhubele gesê. Volgens Makhubele was daar polisiebeamptes in die omgewing en is hulle van die voorval ingelig.

“Die beamptes het op die kapingspoging afgekom en gesien hoe die verdagtes vuurwapens rig op die bestuurder. Die polisie het op die verdagtes geskiet en een noodlottig gewond. Die ander verdagte het in hul voertuig gespring en kon daarin slaag om weg te kom. Hy is steeds soek en dit is nie duidelik of hy dalk gewond is nie.”

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die verdagte, vermoedelik in sy 30’s, was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Sy liggaam het voor die BMW op die grond gelê.

Die motorbestuurder is ongedeerd. Die polisie het beslag gelê op ʼn vuurwapen wat in die verdagte se besit gevind is.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek en ondersoek ook ʼn kapingspoging, gewapende roof en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Nadia ·

Die opskrif is baie misleidend. Mens dink 1ste dat die persoon wat hulle probeer kaap het doodgeskiet is. Miskien die opskrif eerder verander na “Kaper tydens kapingspoging doodgeskiet”?

Wanda ·

Dankie nuwe minister van polisie….ek kan nie byhou met die nuwe name nie, maar hy het op die nuus gesê, hulle gaan die booswigte aanvat en uitroei!. Goed gedoen…..almal is keelvol.

KarenG ·

Dis was die vorige minister van sport gewees. Persoonlik dink ek nie dit het veel met sy uitspraak te doen nie. Daar is heelwat polisie lede nog daarbuite wat hulle werk ernstig opneem.

Ongelukkig word hierdie lede baie keer met dieselfde kam geskeer as hulle korrupte kollegas en in die proses word hulle harde werk en bydraes tot ons veiligheid heel mis gekyk!!

Fantastiese werk ·

Fantastiese werk Polisie, opreg trots op julle, dit is al manier om hierdie koelbloedige moordenaars en misdadigers uit te roei!!!!

Leon ·

Goeie werk deur die SAPS vir ‘n slag.
Altyd interressant dat daar altyd van hulle wegkom, in ‘n motor, en dan word gesoek maar bitter min kere gevind. Is dit dan nie moontlik om heel eerste die roetes by aankoms te versper nie? Vra maar net oor die opleiding aangesien daar so baie sulke insidente deesdae is.

Christo Visagie ·

Lekker man lekker,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

Harambe ·

Mense moet gewere aanskaf en die goed 24 uur per dag byderhand hou.

Cherokee ·

Niemand kan ‘n geweer 24 uur per dag dra nie. Dit is te groot en moet met twee hande hanteer word wanneer gebruik.

Goggie ·

Goed so, dankie SAPS, nou maak julle ons werklik trots. ONS as wetsgehoorsame burgers en belastingbetalers wil ook darem voel ons word beskerm en verdedig deur ons Polisiemag. DANKIE vir julle flinke optrede .. Doen so voort!

Louise ·

Sapd goeie werk, maar waar is julle radios? Hoe is dit moontlik dat die ander ou weggekom het? Brekkie gevang by Funchals toe die insident plaasvind? Motoris was verseker beskerm deur ‘n klomp engele.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.