Man tydens kleinhoewe-aanval in gesig geskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Vrydag in die vroeë oggendure in die gesig geskiet nadat hy en sy vrou op ʼn kleinhoewe naby Randfontein aan die Wesrand deur vier aanvallers oorval is.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het gesê die egpaar wat in die omgewing van die Bootha-kleinhoewes woon, het in die nag wakker geskrik van hul honde wat blaf. Hulle het gaan ondersoek instel, maar niks buitengewoons gesien nie en dus verder gaan slaap.

Omstreeks 04:10 is hulle deur vier onbekende mans in hul huis oorval. “Een van die verdagtes het die 63-jarige man in die gesig geskiet en toe sy 62-jarige vrou na die kluis gedwing,” het Ernst gesê. “ʼn Naderende veiligheidsvoertuig het die verdagtes moontlik ontsenu en hulle het met ʼn vuurwapen uit die kluis op die vlug geslaan.”

Die man is na ʼn plaaslike hospitaal gehaas. Volgens Ernst is daar later vasgestel dat die verdagtes toegang tot die kleinhoewe gekry het deur die honde te vergiftig. Hulle het daarna ʼn venster en diefwering oopgebreek om in die huis in te kom.

“Die Wesrand Trio-taakspan onder leiding van lt.kol. Gert Kruger sal geen steen onaangeroer laat om die aanvallers vas te trek nie,” het Ernst gesê. Enigiemand met meer inligting word versoek om die taakspan by 079 496 6288 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

André ·

Jammer om te hoor van nog ‘n aanval. Miskien is dit beter om ‘n vuurwapen by mens te dra as om dit in die kluis te hê.

Rina Coetzee ·

En dan? Verdedig jouself en jý is die een wat die doodstraf kry!

anton ·

Mense hou tog net op om te vra dat die doodstraf ingestel word!!!
Dit gaan nooit gebeur solank die kanker regeer nie en bowenal sal hulle die wittes hang soos vlieë.
Nee regtig hou tog net op daarvoor vra! ASB.

Nico K ·

Ek glo die beste bly om ‘n klein hondjie in die huis te hê. Groot honde buite word net vergiftig.

jennefer ·

groot honde in huis ook, die terroriste kan maar buite vat wat hul wil maar snaaks genoeg wil hul altyd in die huis inkom.

Andre ·

Hierdie tipe misdadigers en plaas aanvallers moet voelvry verklaar word.

Ontsteld ·

Wanneer gaan boere leer om eerder met die vuurwapens by hul te slaap, en so ook hul honde binne in die huis te laat slaap. As die honde binne was, kon hul nie vergiftig word nie, en dan die boer en sy vrou betyds gewaarsku het. Boere moet ook ophou om vir enige geluid die deur oop te maak en na buite te gaan, al was dit nie nou die geval nie, het dit al voorheen gebeur. Hul moet dadelik polisie of sekuriteit bel om te kom kyk as hul iets buite hoor.

Alida ·

Ai tog nie nog een nie!!!! Dra die “panic button” om jou nek.

snoefie ·

Lt.kom. Gert Kruger, ons hou hierdie spasie dop. kry hulle.

Magrietha ·

Hoe is dig dat die regering geen kommetaar lewer oor al die plaas aanvalle nie. RSG is ook doodstil en se weinig of ooit iets van al die aanvalle

ellie ·

Snoefie ek hou ook duimvas. Mens kan net met n handwapen op jou persoon loop nie met groter wapensnie. Indien jy in n kantoor werk gaan dit bietjie lol. Jy kan n pellet pistool aanskaf waarvoor jy ni n lisensie nodig het nie en dit werk ook met n magasyn .Kan nogal seermaak in n noodgeval. En natuurlik pepperspray wat jou hele huis moet volstaan. Naby genoeg virgryp of doom sodat jy sommer in die oog kan spuit

eerlik ·

Ja Netwerk 24 plaas nie veel plaasaanvalle nie. Wys jou aan watter kant van die politiek hulle staan en duidelik kan ons sien hulle gee nie n duiwel om oor die plaasmoorde nie. Seker almal libs enpilities korrek om aansien te probeer kry – by hulle lib maatjies. Geen respek vir hulle nie.

Cyprian ·

Dit is hierdie tipe stories wat mense moedeloos maak. Wat dit nog erger maak is dat die honde nou ook vergiftig is. Waarheen gaan die wêreld? ?

paraat ·

Die aanvalle op ons wittes is reeds in wording waarvan Siener gepraat het en dit gaan nog erger word. Leesdie boek Gesig van die profeet en kyk wat gaan kom en handel daarvolgens sodat niemand verras word nie. Word baie vinnig paraat.Ons gaan eers oor n paar jaar deur die Duitsers gehelp word wanneer hulle van die EU gaan onttrek. Tot dan is ons op onsself aangewese. Leer om saam te staan en nie altyd te wil kibbel nie want dit gaan ons nerens bring nie.Europa enAmerika het hulle eie groot probleme en kan nie aan ons aandaggee nie. Ons moet na onsself kyk en ons kan dit doen deur geloof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.