Man tydens kleinhoewe-aanval in kop geskiet

Argieffoto: ER24

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Sondag in die vroeë oggendure tydens ʼn aanval op ʼn kleinhoewe naby Lanseria in Gauteng in die kop geskiet is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het kort voor 01:00 by die man se huis op die kleinhoewe naby die R552 aangekom. “Paramedici het gevind dat hy in sy kop geskiet is. Hy was in ʼn kritieke toestand. Hy is op die toneel behandel voordat hy per helikopter na ʼn hospitaal geneem is,” het Meiring gesê.

Kapt. Tinyiko Mathebula, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die man en sy vrou het geslaap toe drie aanvallers die venster in die slaapkamer gebreek en geëis het dat die man die deur oopmaak. “Toe die man die deur oopmaak, is hy in sy kop geskiet.”

Volgens Mathebula het die aanvallers met ʼn televisiestel op die vlug geslaan. Die man se vrou is nie beseer nie.

Sake van poging tot moord en huisroof word ondersoek.

Die slagoffer se naam word op versoek van die polisie weerhou. Volgens Mathebula is die man vermoedelik in sy 40’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Hennie ·

@IK, ja, die land is in chaos en die gewapende mobs is in beheer. Ons sal moet volkstaat aanskaf voor ons ook deurloop.

Andrea van Vuren ·

Hoe dom om jou deur op ‘versoek’ vir ‘n boef oop te gooi. Dis tyd dat ons wakker word.

Lyn ·

Andrea. Hoe sal JY maak as iemand n vuurwapen op JOU rig en eis dat jy die deur oopmaak????

Cherokee ·

Andrea my skat, al klink ‘n deurklop gewoonlik na ‘boef’ ‘boef’ ‘boef’ is dit somtyds niè ‘n boef nie maar die buurvrou wat suiker kom leen of die knoffel terugbring.

Nettie ·

@Andrea …. dieselfde gedink. As hulle in die slaapkamer was, en die vuillis breek die kamervenster uit en eis dat die deur oopgemaak word, hoe DOM om dit wel te doen ….. Gee voor dat jy gaan oopmaak en MAAK DAN DAT JY (en almal wat by jou is) WEGKOM. Nou het die ou die deur oopgemaak en tóg ‘n kopskoot gekry …. wat het hy gedink? Gedink die boewe gaan inkom, vat wat hulle wil en nie skiet nie?

Anoniem ·

Komaan Brig. Naidoo, ons daag Jou uit, ons soek nou ‘n 72 uur aksieplan vir die Kleinhoewe aanval net soos wat DIE BRIGADIER aangekondig het vir die Taxi AANVAL !!!! Konsekwente Polisie optrede vir al ONS SUID-AFRIKAANSE BURGERS Gelyke behandeling !!!!!! Maar ek betwyfel DIT WANT in SA is Dubbele Standaarde ???????????

David ·

Ek verstaan ook nie hoe jy vir ‘n boosdoener die deur oopmaak nie, behalwe as daar ‘n wapen op jou gerig is.

Mens moet maar liefs nie oopmaak nie, die boosdoeners se intensie behoort teen dié tyd vir almal duidelik te wees – hulle gaan jou skiet.

Dalk kry jou vrou nog kans om die paniek knoppie langs die bed te druk (waar daar een móét wees)

Lyn ·

David. Dis tog logies dat n wapen op hom gerig was en hy geen keuse gehad het nie….

Snip Joburg ·

Wat sal met my gebeur as Ek hom in Sy kop skiet deur di venster. Reguit tronk toe Vir my maar hulle Kom weg daarmee. AG Here tree in Vir ons land en Sy mense want waar dit Gaan eindig weet Ek Ni.

Siek en sat ·

Wats fout mense? Hou n blik doom by jou bed en n blik rooi Zeb oondskoonmaak middel langs elke deur en venster. Of brandblussers. Kry honde wat BINNE IN JOU HUIS SLAAP. Magtig man EK is kwaad. Innige simpatie.

Lyn ·

David. Dis tog logies dat n wapen op hom gerig was en hy geen keuse gehad het nie….

Pieter ·

Of die wapen op hom gerig was of nie . deur die deur oop te maak het hy ‘n skoot deur die kop gekry .wat kon erger wees? Nou wat se keuse het jy nou uitgeoefen en watter beter uitkoms sou daar wees as jy NIE oopgemaak het nie?

Callie ·

As jy nog nie deur so n aanval of iets was nie wees versigtig met jou kommentaar. Die dinge gebeur in n oogwink. Onthou hulle kom met n beplande aanval en jy word verras en totaal onvoorbereid betrap. Daar is nie tyd om bepland op te tree nie. Ja, kom ons gee raad, kom ons simpatiseer met die slagoffers maar bo alles, kom ons begin positiewe kommentaar lewer oor hoe ons kan saamstaan en druk op hierdie korrupte regering plaas. Ons almal sit passief en wag. Kom ons staan op, ASB.

Joe ·

Ja Calliedis jou eie keuse as jy toraal omverhoeds wil betrap word, maar as iemand op ‘n plaas jou kamervenster stukkend slaan, moes hy al deur ‘n paar waarskuwing stelsels gekom het. Klink nie dis gewoonlik die geval nie. As jy op ‘n plaas wil bly, en nie bereid is om geld daarop te spandeer nie, trek eerder dorp toe .

Sputnik ·

Dit gaan net erger raak. Ons moet almal, ek inkluis, ons waarskuwingstelsels (elektroniese sensors/alarms) verbeter. Mens moet betyds weet as sulke sluipers op jou perseel is.

Nikita ·

Nee wat, hierdie kaf maak mens nou sommer de blik*** in! En so kom die een na die ander weg met moord en…..vuurwapens! Lewensverhale is besig om in rillers te ontaard, iewers moet die streep getrek word. Siek en sat & Sputnik ek stem 100% saam julle, goeie raad en wysheid. Wens so dat mense hulle veiligheid meer kan opskerp. Baie sterkte aan die man en vrou.

Diefie ·

Mag die man gou herstel. Niemand weet regtig wat daar gebeur het nie. Onthou net eending. Die skurke se kennis van alle alarmstelsels ens is uitstekkend. Hulle hou hul slagoffers baie lank en goed dop en beplan alles haarfyn uit. Die skurke is al so “oulik” tot selfoon seine word “unable” gemaak.

Meisie ·

Nee wat julle….ons in Namibië is al deur terrorisme….jyt ALTYD ‘n keuse. Jou buurvrou moet ook maar dof wees om daai tyd van die nag rondloop…wat nog by jou aanklop vir watse nonsies ookal. Jy maak net nie oop nie. Jy trek nie eens jou gordyne oop nie. En jy staan nie eens voor jou venster nie. Niemand regdenkend loop buite sy huis daai tyd nie. Buitendien…die wat daai tyd by jou aanklop….soek verseker nie ‘n koppie tee nie!!!! SA…julle moet sowaar wakker word.

Afrikaanse Knaap ·

SAPS het geen planne nie. Hulle trek my gereeld af en vra vir ‘n koeldrank. Hulle is net “crime data capturers”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.