Man tydens huisroof geskiet

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Veiligheidswag is in ʼn kritieke toestand nadat hy Maandagoggend geskiet is toe hy op ʼn huisroof in die suide van Durban gereageer het.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die wag het hom omstreeks 09:30 na ʼn huis in die Bluff-gbied gehaas waar ʼn huisroof aan die gang was. “Drie verdagtes het die veiligheidswag opgemerk en op hom losgebrand. Die wag is gewond en die verdagtes het in hul wegkomvoertuig van die toneel gevlug,” het Mbhele gesê. ‘n Selfoon en ‘n windbuks is tydens die rooftog gesteel.

Garrith Jamieson, bedryfsdirekteur van Rescue Care-ambulansdienste, het gesê paramedici is na die toneel ontbied waar hulle die veiligheidswag in ʼn kritieke toestand aangetref het. Hy is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.

“ʼn Huishulp is ook tydens die voorval beseer terwyl sy van die boosdoeners probeer vlug het. Sy het matige beserings opgedoen en is ook op die toneel behandel voor sy na ʼn hospitaal geneem is,” het Jamieson gesê.

Mbhele het gesê ʼn saak van poging tot moord en huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sterkte ·

Sekuriteitsfirmas moet ook nou wakkerword en OPHOU om een ou na ‘n moontlike aanval te stuur .. hoeveel keer gebeur dit dat hierdie sekuriteitsbeamptes OUTNUMBERED is ?? AGNEE MAN word nou wakker .. daar sit honderde sekuriteitsbeamptes onder bome en slaap … STUUR twee of drie karre na ‘n toneel toe .. die DIEWE en MOORDENAARS skrik nie eers vir een ou klein karretjie met ‘n vaal mannetjie in nie. STERKTE aan die wag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.