Man tydens onluste vertrap, vleistrok geplunder

Die vragmotor in ligte laaie. Foto: Verskaf

ʼn Man is Dinsdagaand naby Frankfort in die Vrystaat glo in ʼn stormloop tydens onluste in die omgewing vertrap.

Maroela Media het inligting van die gemeenskap ontvang dat inwoners van twee nedersettings naby die dorp omstreeks 19:00 die strate in die omgewing ingevaar en onder meer die R26-pad met voorwerpe en klippe versper het. Die betoging hou vermoedelik verband met ontevredenheid oor dienslewering.

ʼn Vragmotor wat vleis vervoer het, het kort daarna op die pad gery en die bestuurder het na bewering nie betyds die betogers en versperrings gesien om stil te hou nie. Die vragmotor moes uitswenk en dit het veroorsaak dat dit omslaan.

Die botsing het veroorsaak dat die skare van sowat 500 mense geskrik het. Dit het tot ʼn stormloop gelei waartydens die oorledene op die grond geval het en daar op hom getrap is. Hy is later deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder van die vragmotor het ook beserings opgedoen en is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

Van die betogers het kort daarna teruggekeer na die omgeslaande vragmotor en hulle aan vleispakkies gehelp, voor die vragmotor glo aan die brand gesteek is.

Konst. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, het Woensdag die voorval aan Maroela Media bevestig.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek en ondersoek sake van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Volgens Rani was die situasie teen Dinsdag weer kalm.

Die man se liggaam. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Belaglik ·

en SO TRAP HULLE MEKAAR DOOD nadat hulle veroorsaak het dat ‘n trok omgeslaan het .. maar so kry die witmense wat die k woord gebruik 2 jaar tronkstraf terwyl NIE EEN BRANDSTIGTER of klipgooier nog die binnekant van ‘n tronk langer as een aand gesien het nie .. BELAGLIK.

André ·

Jy is reg. Hulle hou blankes soos ‘n valk dop. Hulle kan mos niks verkeerd doen nie.

Ampie ·

Moord, plunder, onwettige betoging, oprigting van blokkasies in die pad, diefstal. Geen probleem. Maar die Momberg vrou moet tronk toe oor ‘n woord. Wat is fout in hierdie siek land?

tamboti ·

En so stadig aan verander die reenboog land in 50 shades of red (bloed)

Cherokee ·

Dit sou raak gesê gewees het… as jy dit net nie agterna in hakies verduidelik het nie.
Want, die oomblik wanneer jy ‘n raakslaan stelling verduidelik is dit nie meer snaaks nie.

Eish ·

Iets is aan die broei. Hordes geweldadige betogings die land vol. In volkome harmonie.

Elle ·

Tamboti, gaan registreer daai naam vinnig.
50 shades of red . Briljant!
Iemand iewers gaan dit as ‘n titel vorentoe gebruik vir ‘n boek of ‘n fliek.

Oom Kalahari ·

Niemand sal ook ooit in hegtenis geneem word nie. Brand, plunder, diefstal, verkrag, moord, korrupsie, lieg en bedrieg, grond vergrype, aanhitsing tot misdaad of moord ens is aan die orde van die dag, maar dit is ‘n vooruitstrewende land, twak man laat ons eeken dit is ‘n hell hole. Is maklik om die vleis pakkies by die nedersetting te gaan uitken, maar is weer tyd spel. Was dit wit was almalal gearresteer en toegesluit.

tamboti ·

Dankie Elle, alhoewel die naam treffend is, is die storie ongelukkig te wreedaardig en brutaal vir my om op te roem.

Jan Brits ·

Die onluste en geweld sal aangaan solank die eef se voorbokke los rondloop. Dit word met presisie uitgevoer. Word gereel deur iemand.

Magda ·

Jan…jys reg. Die ANC het die hele Hermanus ding georkestreer. Whatsapp boodskapp van n bekende ANC MP doen die rondte. Die ANC en EFF werk saam mense wees wakker. EFF is die MK van die ANC en doen al die vuilwerk. Vandaar dat CR hom nie uitspreek oor Mal Emma en sy gespuis nie.

PJC ·

Een of ander tyd gaan die EFF die idee kry dat hulle landwyd by alle dorpe en stede op dieselfde tyd moet amok maak en dan gaan daar nie genoeg polisie wees om die lot te beheer nie. Ek kry die idee hierdie is ń inoefening vir daardie dag.

TLC ·

Jaaaaaa stel jou voor die sapd gaan nou die 500 betogers ondervra o please Maar nou ja dit kon meer gewees het wat gesterf het waarvoor hy lewe

Alida ·

Wat noem mens sulke optredes? want sekere woorde mag ons nie gebruik nie.

Geliefd ·

Daar is ‘n man dood. Iemand se seun, pa, eggenoot. Hoe uitters ongevoelig is julle kommentaar. Dit spreek boekdele hoekom ons land so verdeels is. Julle praat van hulle.

Ronell ·

Jammer Geliefd. Dis jammer van die afsterwe, maar die oorledene was deel van die geweldadige kriminele optredes.

Theresa ·

Die man wat gesterf het, het juis onder die voete van ontevrede mense gesterf. Niemand is ongevoelig daaroor nie – almal is juis ontsteld oor die manier waarop als hanteer word. Daar is chaos in die land omdat mense op hul eie manier als wil afdwing en reg verniel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.