Man tydens ‘padwoedevoorval’ geskiet

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

ʼn Man is Maandagaand tydens ʼn beweerde padwoedevoorval in Durban-Noord geskiet.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 17:45 op die hoek van Fairway- en Beachwoodweg gebeur. “Volgens ooggetuies het twee motoriste aan die stry geraak nadat die een teen die ander vasgery het,” het Mathe gesê.

Een van die motoriste het glo ʼn vuurwapen uitgehaal en die ander motoris, ʼn 30-jarige man, in sy been geskiet. Mathe het gesê die man is deur paramedici na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die ander motoris, ʼn 60-jarige man, is op die toneel in hegtenis geneem vir poging tot moord en die onwettige besit van ʼn vuurwapen. Hy sal vandag in die Durban-Sentraal-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Oupa Hen ·

As almal Weskoppies toe moet gaan wat daar hoort sal nog tien inrigtings so groot soos Nkandla gebou moet word.

Theresa B ·

Lekker lag ek nou vir Oupa Hen. Ek stem en dis ook in belang van ander se “veiligheid” nê?

Varkie ·

Dis hoekom ek nie eers meer ‘bother’ om ligte te gooi of n vinger te wys wanneer iemand voor my in druk of flikker lig vergeet of my rakelings mis nie, jy weet nooit watse mal nar sit jou agterna en skiet/rand jou aan nie

Susan ·

Ek is ‘n baie geduldige bestuurder en is altyd beleefd al doen mense “dom” dinge op die pad. Maar vanoggend het ek ook ‘n gevoel van woede gekry toe ek sien hoe ‘n taxi ‘n ander kar byna teen ander karre vasdruk net omdat hy by ons verbygejaag en voor probeer indruk het. Die ander motors het hom nie spasie gegee nie en hy het vir omtrent 2 km teen die karre (van agter en die kante) gery, by sy venter uitgehang, geskree en vingertaal gepraat, maar genadiglik het niemand ‘n ongeluk gemaak nie. En waaragtig toe hy nou voor in die ry is en in die dubbelbaan van almal probeer wegkom, is ek aan die linkerkant in sy pad en druk hy my van die regterkant af byna van die pad af want hy WIL nou hierdie kant ry omdat die ander baan stadiger is. Ek haal my hoed af vir die mense wat NIE kwaad word in hierdie omstandighede nie – sal nou nie wil he almal moet uit hulle karre spring en baklei of skiet nie, maar sulke gedrag maak mens vies.

ou tannie ·

Vir my is kompeterende bestuurders partykeer n voordeel. As ek in by n robot stop en daar is n man langs my, veral met n GROOT bakkie, dan trek ek vinnig weg sodat ek n paar meter voor hom is as die lig groen slaan. Hulle word soooo kwaad dat hulle verbyjaag en baie vinniger as die spoedbeperking ry. Dan ry ek lekker reg agter hom sonder om te worry oor spietkops. Dit werk elke keer!!

Grassie ·

‘n Mens sal graag die hele storie wil hoor. Wat doen ‘n 60-jarige oubaas as hy sien dat hy nou deur ‘n 30-jarige man gemoker gaan word? As hy die man in die kop of lyf geskiet het is dit seker buitensporig, maar ‘n beenskoot is moontlik die minimum-geweld wat die ou kon toepas om sy ou liggaam en gebeente te beskerm.

Tonie ·

My dae van kwaad raak hoop ek is verby, Ek woon in Vanderbijlpark en werk in Randburg vir die eerste 5 jaar van my werk in Randburg het ook kwaad geraak vir die Taxis wat voor jou in swaai ,jaag links op die nood lyn verby ens ,Het toe maar besluit om n uur vroeer te ry vanaf my huis om die verkeer te mis,en al die lelike dinge soos padwoede uit te skakel en glo my vir die afgelope 5 jaar werk dit baie goed.Ek was laas maand in Bangkok vir 2 weke en as ons sien hoe erg die verkeer daar is ,is ons verkeer in JHB area eintlik niks, wat my verbaas het daar is dat die mense nie kwaad raak ,vloek of sommer net wil skiet nie,hier en daar word n toeter gehoor. Ek se net sterkte aan almal wat die verkeer moet aandurf. Groete Tonie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.