Man tydens plaasaanval doodgeskiet

Argieffoto

ʼn 66-jarige man is doodgeskiet tydens ʼn plaasaanval Saterdag op Lynavis-plaas in Creighton, KwaZulu-Natal.

“Drie gewapende mans het omstreeks 03:00 toegang tot die huis bekom deur ʼn venster,” het kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê. “Hulle het die vrou vasgebind en die man geskiet. Hy het ʼn skietwond in sy regterarmholte opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Gwala het die verdagtes drie skootrekenaars, twee selfone en ander besittings van die egpaar gesteel voor hulle van die toneel gevlug het.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en moord.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anoniem ·

Dit het net nie end nie ! Die regering maak of hulle dit nie sien of hoor nie !

Die Stem ·

So hartseer.
Ons land se polisie en regstelsel moet weer so raak, dat mense bang is om die wet te oor tree.

Anoniem ·

Hulle sal maar aan GOD moet verantwoording doen en as hulle in die proses hulle ewigheidswaarde verloor het ! ‘Shame’ op hulle ! Ons almal weet wat is die uiteinde van DIT

Callie ·

N klein ou beriggie en dan vergeet almal weer iemand is gou vermoor vir n laptop. Dan is daar die wat teen afriforum te velde trek oor die boodskap wat uitgaan na die buiteland. Die van julle wat die dinge ontken, mag julle erns besef wat aangaan

Siek en sat ·

Ramaposa JY HET NOGNIE EEN KEER IN DIE OPENBAAR OF TC OF SOSIALE MEDIA HIERDIE PLAASMOORDE VERDOEM NIE. Keur jy dit goed.

Nikita ·

Seker word dit goed gekeur want sien….hier is beslis terroriste in hierdie land! Als beplan…word natuurlik goed betaal daarvoor. En nie net n handjie vol van hulle nie, nee n bassis vol vd wetters! Baie sterkte aan die tannie & familie.

Marie ·

Niks met roof te doen nie….koelbloedige moord op ons blankes.

Haan ·

Simon Roche (adjunk van S-landers) praat vlot Zoeloe. Sy adres in Johannesburg is gekoppel aan sewe maatskappye, waarvan een die onthaal van anc konferensies behartig. Hy het vyf kinders by drie verskillende vroue en is geskei van al drie. Hy het homself voor 2014 voorgedoen as ene “hendrick von strauss”. Daar is talle ander vreemdhede aangaande hom en Gustav Muller. Ek is geensins teen n organisasie wat vir die oorlewing van ons mense veg nie, maar iets omtrent S-landers is nie pluis.

Marinda ·

Ek het nie woorde nie.

RIV. Sterkte aan die familie en naasbestaandes.

IK ·

Geen ondersoek na onwettige vuurwapens? Ek dink die plek se naam is ‘Creighton’ en nie ‘Chreighton’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.