Man tydens plaasaanval in kop geskiet

[OPVOLG] Johnny Muller is Sondag na ‘n hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas. Lees die opvolgberig hier.

windpomp_Reint_Dykema.jpg

Foto: Reint Dykema

ʼn Man is Sondag in die vroeë oggendure tydens ʼn aanval op ʼn plaas in die Frankfort-distrik in die Vrystaat in die kop geskiet.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê Johnny Muller en sy vrou is ná middernag op die plaas oorval. Johnny is glo in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal in Bethlehem gehaas.

Ao. Lorraine Earle, woordvoerder van die polisie, het gesê die egpaar het omstreeks 01:00 by die huis aangekom. Terwyl die vrou in die kombuis besig was, het sy iets buite die huis gehoor. Johnny het uitgestap om ondersoek in te stel en is toe in die kop geskiet.

“Twee aanvallers het ʼn vuurwapen op die vrou gerig en geld en vuurwapens geëis. Hulle het haar gedwing om die kluis oop te sluit en het met die boer se wit [Isuzu] enkelkajuit bakkie gevlug,” het Earle gesê.

Die NG Kerk Frankfort het Sondag op sy Facebook-blad ʼn inskrywing oor die voorval geplaas. “Voorbidding word gevra vir Johnny Muller wat gisteraand tydens ‘n plaasaanval in die kop geskiet is. Die koeël het sy brein gemis en hy is tans in Bethlehem ICU,” lui die inskrywing.

Marius het aan Maroela Media gesê Johnny is Sondagoggend na ʼn hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas.

Earle het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar ʼn soektog na die verdagtes is tans aan die gang. “Ons ondersoek sake van gewapende roof op ʼn plaas, poging tot moord en diefstal,” het sy gesê.

Die polisie het die publiek gevra om op die uitkyk te wees vir die gesteelde bakkie met registrasienommer FSR 383 FS. Enigiemand met meer inligting word versoek om kapt. Judith Swanepoel by 082 469 2528 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Hanna ·

Hoeveel moet nog sterf, hoeveel? Wanneer is genoeg nou wragties genoeg? Ons land is stukkend… Wat gaan dit vat voor iemand kop verloor?

Uitloop ·

Soveel kan beperk word deur om nie uit te stap na buite as jy iets buite self wil ondersoek nie.

Cherokee ·

Nou sing jy ook die ‘genoeg’ deuntjie terwyl selfs die eerste een te veel was.

Piet ·

Cherokee, ek lees gereeld jou kommentaar wat maar soms ook op die selfde deuntjie is (myne is maar ook). Ek hoop MM delete nie weer my vraag aan die skywer, soos altyd, en gun my die kans om te vra wat jy sou voorstel. Kan jy iets voorstel wat jou/ons nie in die tronk sal laat eindig nie? Ek verneem graag van jou.

Chris Ws ·

Die terroriste is uitgeslaap.Hierdie mense was dop gehou en inwag.Na sononder gaan mens NIE na buite om ondersoek in te stel na wat ookal nie.Dis letterlik om jou dood te soek want die terroriste doen enige ding om jou uit te lok na buite waar hulle oe aangepas is vir swak lig maar joune nie.Dan staan jy geen kans nie al is jy gewapen.
Alle sterkte aan Johnny Muller.Mag hy spoedig en volkome herstel.

elize naude ·

Dit moet vreeslik wees om so ingeperk te leef… ons kan ons hier snags as vrou nog sonder angs of vuurwapens vry beweeg… sy dit met die kar of fiets…

Haan ·

My innige simpatie aan oom Johnny en sy familie. Ek bedoel dit geensins nie onsensitief nie, maar die tyd vir “ondersoek instel” sonder n vuurwapen is verby. Soos ek sê, ek weet glad nie wat die situasie was nie, maar as boere deesdae gewere (veral n pistool) in die kluis aanhou, ipv aan hul sy/byderhand, dan is dit net nog wapens wat in die vyand se hande gaan opeindig.
Baie sterkte aan die familie

maria ·

Het baie simpate maar dis tyd om met vuurwapen te loop. jy moet letterlik rondom jy kyk en wakker wees – ons bly nie in lalaland nie!!!!

M'Lady ·

As die einde van die wereld maar gister gebeur het soos voorspel is, was ons nou verlos van die Godverlate land.

Sê maar net ·

Vanuit verskeie bronne wat ek gekry het, was dit die aanbreek vd groot verdrukking, en nie soos baie beweer het die wegraping of die wederkoms nie. Dié bronne reken ook dit is slegs die aankondiging vd groot verdrukking en dat dit nie eenklaps sal gebeur nie maar ons defnitief daarop id nabye toekoms afstuur.

Jacqui ·

Wat my kwel is daar word min aanvalle gefnuik. Telkens word d Boere op die selfde manier uitoorlê. Dit is asof al die moorde ens nie insink nie. n Wapen hoort aan jou lyf. NIE in die kluis nie.

Blits ·

In die geval soos in baie ander, al het jy jou wapen aan jou sy beteken dit niks as jy uitstap en jy word dadelik in jou kop geskiet nie of help die wapen jou in enige manier?, al wanne dit jou sal help is as jy binne jou huis bly.

Ons dra Johnny en sy gesin op in ons gebede en bid vir vinnige herstel

Big daddy ·

Jammer dit klink baie onsensitief maar boere wil nie hoor nie. Hvl maal is daar al gese as jy vreemde geluide hoor moenie uitgaan nie. Bel die bure om te kom help. Nee wat ons gaan nog baie blord verloor. Sterkte aan die familie.

Werner ·

Ou gatvol boere bly nie in dorpe waar buurman 2nin van jou af bly nie nie altyd maklik om hulp te kry nie maar ek stem saam wapen moet by jou wees in kluis beteken hy niks wens mense op plase en dorpe en stede wil dit weet

Boet Fasie ·

Werner dit is so dat julle soos die mense in die dorp naby mekaar woon nie, maar net soos die plaasboere word mense in die stede ook beroof, verkrag en vermoor. Die belangrikste is hoe beveilig jy jouself en jou familie . Mense in die stede het ook sensor ligte, kameras., elektriese veiligheidsheinings, diefwering en gewapende reaksie om hulle te beveilig. Tegnologie het so verbeter dat niemand sy lewe onnodig in gevaar hoef te stel nie.

Boet Fasie ·

Kan die boere nie leer nie, of wil hulle nie leer nie. Hierdie mense is nie hier om by jou te kom tee drink nie , hulle is hier vir geld , wapens en om die witman te vermoor. As jy dink dit gaan nie met jou gebeur nie, nou is die tyd om twee keer te dink, more mag hulle besluit om jou plaas te kom aanval en dit kom glo my.

Sti a ·

So basies wil julle se as hy nie uitgegaan het om te kyk het nie sou die rowers buite gebly het en niks sou gebeur het nie. Dit is bietjie onrealisties om te verwag doe arme ou moes niks doen nie. In daai oomblik dink jy nie aan alles nie, jy reageer net. Hulle sou inelkgeval ingekom, het alles gevat het, en nogsteeds die ou geskiet het omdat jy die sterker een is van die twee en sy familie wil beskerm. Dis onrealisties om te verwag niks sou gebeur het as hy nie gaan kyk het nie

Cherokee ·

Jy is die een met ‘n onrealistiese beredenering, geen van die ander nie. En moet nie die ander kommentators woorde in die mond lê om jou storie beter te laat klink nie, want niemand het gesê hy moes niks doen nie. Jy gaan op die veronderstelling uit dat hy geen landlyn of mobiele foon tot sy beskikking gehad het nie. Waar’s die honde? Waar’s die bure? Suid Afrikaners (veral boere) ondersteun mekaar, veral in tye soos nou en hulp is beskikbaar maar diskressie is die wagwoord.

Johanna Botha ·

Belangrik is om nie uitegaan nie …bly binne en bewapen jouself

Boet Fasie ·

Sti a- Ek dink wat almal probeer se is dat plaasboere en hulle families nie meer veilig is nie. Daar sit meer agter die plaasmoorde as net om vinnig iets te steel. Boere sal hulself en hulle familie tot die beste van hulle vermoe moet beveilig., hulle kan nie staatmaak op die polisie of die buurman nie. As daar geld is vir die beste trekker op die mark is daar geld vir die beste tegnologie om jou gedin en jouself te beveilig.

Renske ·

Hoe weet hulle daar is vuurwapens? Daai inligting word vekoop!! Daar is honderde wat betoog omdat ‘n boer glo iemand gesiet het ( nog geen lyk nie) wat lemoene steel. En wat doen ons as wit mense oor al die moorde?? Nie eers een peroon met ‘n vlaggie by die hof as die wat wel aangekeer word verskyn nie. ???

Flintstone ·

Ander opskrifte lui gewoonlik:Boer vermoor,aangerand,gemartel ens.Nou word daar slegs na “man” verwys.Is dit ‘n media stunt om die fokus van die aanslag op ons boere te marginaliseer?Verseker sal dit nie slaag in die publiek se oog nie.

Sjo! ·

Stem saam..hul is skelm! Dit is asof hul die feite probeer verbloem…hou maar dop!
Boere veral op plase moet wakker skrik,hoor hul nie van die plaas moorde waar blankes geteiken word nie????Op n plaas MOET Jy n Klein hond ge wat binne huis Bly Om jou wakker Te maak,en Jy gaan NIE uit nie!!! Wag hul in en gebruik jiu dekselse wapen wat heeltyd as Jy op n plaas Bly uit sig maar aan jou Sy , wees reg vir aksie!! Sterkte aan familie hoop hy herstel spoedig…

Beveiliging ·

Ek probeer al vir maande om iemand te kontak wat betrokke is by plaas beveiliging .Omrede ek voel ek het n werkbare plan om plaasmoorde te bekamp , maar dis tevergeefs niemand antwoord nie

Pierre ·

Maak voorstelle vir die tipe beveiliging.
Ek bly self nie op n plaas nie maar praat gereeld met slagoffers.
Kry n buite alarm en gebruik dit, kan net help.

Flintstone ·

Beveiliging,ek ook!Ek het lank terug probeer om met solidariteit se “plaasbeveiligings arm”in kontak te kom.Tevergeefs,word net eenvoudig geïgnoreer,so asof daar nie eintlik gepoog word om iets daadwerkliks te doen hieraan nie.Ek het ‘n plan wat landswyd geïmplementeer kan word om sodoende ons boeregemeenskap beter te kan beveilig,veral die ouer pare wat geïsoleerd woon.Miskien moet ons,tesame met ander wat ook idees hier rondom het,in verbinding tree .Ek kan nie net so sit en toekyk hoe almal sug,bid ,misnoë uitspreek en dan terugkruip in hulle “veilige wonings” nie.

E ·

Vandag gee niemand om oor niemand nie. Almal wil ryker en beter wees as die ander, ook nie bereid om geld uit te haal vir medemens nie. Daar is net eenvoudig te min oor om te deel. Almal sorg vir hulself en wil seker maak daar sal genoeg wees vir aftrede ens en en. Daar is nie meer extra nie. Gejaag na geld en wind. Hoekom moet ek help as niemand my gaan help nie?
Jammer maar dit is die hartseer realiteid.

Janine ·

(ook nie bereid om geld uit te haal vir medemens nie) Seker maar omdat SOMMIGE wittes na ander se vlak daal, en elke robot betrek om te bedel. Maar kom kar was, gras sny vir geld? NOOIT. My man werk sy agterent af, ingesluit naweke, om vir sy gesin te werk. Geld gee vir iemand wat bakhand staan en nie WIL werk nie. Se g@t.

Anel Theunissen ·

Hy het sy bakkie gaan bêre nadat hulle laat by die huis gekom het. Maar hoekom so klippe gooi? Wat moet nou nog alles gebeur voor iets gedoen word? Ek was saam met Johnny op skool, sy seun is saam met my seun in die skool. Dis die misdadigers se skuld dat ons nie uit ons huise kan gaan nie, dit hoort nie so nie.

Boet Fasie ·

Anel – ek weet hoe jy voel, maar ongelukkig gaan dit nie meer oor diefstal nie maar oor roof van vuurwapens en die moord op plaasboere en vernaamlik die mans. Hoor jy ooit dat plaas moorde deur die regering , politici of vakbonde veroordeel word of betreur word. Nee hulle veroordeel liewer moord op politieke leiers en vakbondlede maar nie op boere nie. Boere sal drastiese stappe moet neem om hul huise en familie maksimum te beveilig anders gaan hulle deel van die weeklikse statistiek word.

Leahim ·

Die probleem kan nie gestop word nie alvorens die probleem aangespreek word nie ,en die probleem word nie aangespreek nie want eerstens is dit nie polities korrek nie en tweedens is die media te bang om te sê wie verantwoordelik is vir die mense se dood

Pieter Heyns ·

Ek is Johnny se swaer. Die berig is verkeerd. Hy het uitgegaan om sy bakkie te gaan bêre. So dit is nie sy nalatigheid nie. Bid eerder saam ons dat hy volkome herstel. Vir die wat belang stel. Dit gaan goed met hom, hy erken ons en kan paar woorde met ons praat. Dank die Here dat sy brein mis geskiet is.

Anoniem ·

Mnr. Heyns, wat ‘n mooi gebaar van jou. Natuurlik bid ons met graagte vir sy herstel asook die familie se emosionele herstel. Maria, m.a.w op ‘n man se eie privaat grond moet hy maak soos daar vir hom gesê word om te maak? Dit HOORT nie so nie en klaar! Moeilikheid soek? Nee, ons begin nou die term misbruik. Hy het nie moeilikheid gesoek nie. Boewe het op sy plaas oortree en moelikheid kom maak en hy was ‘n slagoffer!

Callie ·

Asb mense. Eerstens alle simpatie. Tweedens geen een op n plaas moet minder as 6 mensvreter honde laat rondloop op die erf nie. 4 kleintjies wat wakker is en in die donker stap met die wapen in jou hand uit terwyl jou vrou of kind gewapen jou dophou. Verstaan niemand dit is openlik oorlog teen die witman nie. Ek smeek almal, kom ons begin hier om te reel om saam te staan om die wittes se voortbestaan te verseker

Daan ·

Bou vir jou ‘n 2de kluis in op ‘n geheime plek,in ‘n kas met ‘n vals bodem of muur, waar al die waardevolle items en wapens bewaar word.Los ‘n paar rand en goedkoop juwele in die ander kluis.Ook ‘n ou pistool waaarvan jy die loop laat “blok’ het,sonder ammunisie,dat hulle dit nie kan toets nie.Steek jou wapens iewers veilig weg waar jy dit vinnig kan kry.

madels ·

Ek hou baie van jou idee.

Is daar nie n manier wat ELKE BOER in hierdie land die boodskap kan kry om asb nie net uit hul huise te stap en gaan ondersoek instel nie? En veral NIE sonder n vuurwapen nie?

Ek bid dat Marius vinnig sal herstel en dank ons hemelse Vader dat sy vrou ongedeerd is en dat hy nie dood nie nie.

Buitestander ·

Te vergeefs wag die wagters op die mure as God nie met hulle is nie.
Keer terug na God en hy sal terug keer na ons.
Sterkte aan al ons boere ek bid vir julle.

Boet Fasie ·

Pieter en Adel ons het begrip vir wat gebeur het en glo dit is nie Johnny was nie nalatig nie. Die probleem is daar opsetlik en doelgerig jag gemaak word op plaasboere en juis die man van die plaas en hom te vermoor. Daar is sekere faksies in die huidige politieke bestel wat opstand en plaasmoorde aanblaas. Niemand kan die boere help nie, hulle sal hulself moet beveilig teen die gevaar , geen kostes moet ontsien word nie, geen geld is meer werd as julle lewens nie.Elke boer wat vermoor word is nog ‘.n lewe minder. Al wat gaan werk is om julle huise te verander en beveilig dat dit onwettige toegang onmoontlik maak en die nuuste tegnologie en sensors moontlik gebruik wat die werf verlig en waarsskuwings seine aktiveer ten tye van onwettige toegang en ook kameras wat die eienaar in staat sal stel om alles buite en om die huis waar te neem en te verfilm vir rekorddoeleindes. Die belangrikse goeie waghonde wat die huisbewoners betyds kan waarsku teen oortreders op die perseel. Ons weet boere kry ook finansieel swaar met die droogte maar veiligheid kom nou eerste

Reg of Verkeerd? ·

Buitestander jy is so reg. Maar niemand luister. Sit net op hul agterstewes en lewer simple komentare

Anoniem ·

Is dit? En wanneer mense almal saamstaan en sê hulle bid vir hierdie man asook enige ander persoon wat deur misdaad geraak is, is dit nie “hulself na God keer nie”. Kom nou, julle weet mos die Bybel sê dat oordeel God toekom maar julle gaan voort en fel oordeel asof dit julle toekom. Hou op om almal te vertel dat hulle hulself terug na God met keer want ons het God nooit verlaat of Hy ons nie. Ons almal doen wat ons kan om die duiwel teen te staan en julle sal wragtig hierdie tipe snert kwytraak? Gaan op jóú knieë en bid nes die res van ons en hou jý dan ook gerus op met simpel kommentaar lewering.

Lea ·

Mnr Muller het nie soos die berig lui uitgegaan om ondersoek in te stel nie hy het die bakkies in die motorhuis gaan bere. Toe hulle by die huis kom het hy eerste sy vrou en kinders afgelaai by die huis en self ingegaan en weer uitgegaan om die bakkie te bere. Dit is toe hy oorval is. Hy was nie nalatig nie.

Kay ·

Hulle is uit om die witman dood te maak, en ons is soos “sitting ducks”. Hulle is besig om ons te krippel. Ons se almal hou jou wapen aan jou sy en moenie na donker uitgaan .. Maar ons moet lewe.. As jy jou bakkie moet gaan bere is dit jou REG en niemand is veronderstel om jou in die kop te skiet omdat jy dit waag om jou bakkie te gaan bere nie .. Dis jou reg om vrylik te kan beweeg en dis nie die barbaar se reg om jou in jou eie huis en erf te bedreig. Ons mis die punt.. Dis ons REG om veilig in ons omgewing bewees.. Maar dis seker n debate vir n ander dag !

anton ·

Kay ons almal voel soos jy maar om te se ons het die reg om veilig te wees en veilig te mag rondbeweeg, gaan nie maak dat die misdadigers gaan ophou waarmee hulle besig is nie!!!
Dus MOET ons aanpas en besef dat ons sal moet opstaan en onself voorbery vir die ergste.

LMF ·

Al wat my pla lees ons boere nie MM nie want as hul dit gedoen het sou hul op hoogte gewees het van wat in ons land aangaan maak nie saak of jy toilet toe gaan nie vat jou wapen saam maar mag hy vinnig herstel en dan sy wapen saam met hom DRA dit is tyd vir karma sterkte aan families

Walter ·

Ramaphosa het mos gese hulle maak die kookwater stadig warm, die pot is SA en die frogs wat slaap word gekook.

Toppie ·

Kay ek stem saam met jou dit is ons reg, maar ongelukkig is dit ‘n feit dat daar tans persone is wat plaasboere wil uitmoor sodat boere die plase kan los en trek. Ongelukkig doen ons wonderlike regering niks daaraan nie en sal ook niks daaraan doen nie want dit lyk vir my dit is deel van die grondverdelingsprogram van die ANC en die EEF. Vraag is hoekom sal die regering ten duurste betaal vir die paddas se grond as hulle dit verniet kan kry. As mens kyk na plaasmoorde vs renosterstropery dan sien mens dat renoster stropery meer aandag van ons liewe regering kry as plaasmoorde. Daar word meer gedoen om stropery te bekamp as om boere teen plaasmoorde te beskerm.

Reg of Verkeerd? ·

Anoniem. ag shame. So ons het God nie verlaat of Hy ons nie? As ek my kinders tugtig beteken dit nie dat ek hulle verlaat nie. Ons volk het hul waardes verloor. Lees Leviticus 26 vers 3-6 oor seeninge en straf as ons nie luister nie, Miskien moet ons weer probeer om 1 miljoen mense in Bloemfontein bymekaar te kry. Maar hierdie keer sonder kampstoeltjies en 4×4
EK BID OOK

Johan ·

Julle moet begin trugslaan ! Hulle gaan julle ka maak begin om saam te trek en maak soos hulle .as julle dit nie gaan doen nie gaam elkeen van julle afgemaai word. Maak plane mense julle is nie dom nie ,meeste van julle het opleiding gehaat!!

Stefan ·

Sê nou net hy het binne gebly, dan was al twee dalk dood. Sterkte

At ·

Haal aan gedeelte uit berig in Beeld Vrydag: Afriforum eis dat adj. pres. Cyril Ramaphosa duidelikheid gee oor ‘n opmerking oor wit mense “wat soos paddas stadig lewend gekook gaan word”.
Ook: Wyle Oriani-Ambrosini, IVP-LP, skryf dat Ramaphosa hom “onomwonde” vertel het van “die ANC se 25-jaar-strategie om wit mense te hanteer”.

Robby ·

Ja nee my ma het altyd gesê liewers bang Jan as dooie Jan. Hoekom uitgaan in die donker nag. Jy moet baie braaf of onosel wees. Jy dobbel met jou eie lewe en die mense saam met wie jy bly. Sluit eerder al die deure en gee vir elkeen ʼn vuurwapen en sê sit stil en skiet alles dood wat jy nie identifiseer as mens wat jy nie ken nie. Vra later al jou vrae skiet eers dood. Anders kan jy dalk die volgende persoon wees op MMedia. Asseblief mense sit tralie hekke binne in julle plaashuise wat kan sluit en skaf meer vuurwapens aan soos die 375 magnum handgun. Dit behoort hulle te stop as jy nie mis nie.

Robby ·

Skiet lesse baie belangrik oefen gereeld. Practice makes you perfect.

Piet ·

Hier is darm baie ouens bo wat kommentaar lewer wat baie slim is, ek wens ek was so vol wyshede gewees.

Johannes Meintjes ·

Ons sukkel skynbaar om verantwoordelikt e fokus, al weet ons teen hierdie tyd dat geweldsmisdaad en plaasaanvalle teen blankes toeneem. Ons weet Zuma em Malema het herhaaldelik oorlog teen blankes verklaar. die HNP en Volksraad het waarskuwings gerig oor grondgrype en TLU werk aan die veiligheid van landbouboere terwyl AfriForum se Buurtwagte en Veiligheidsberaad asook gesprekke met die SAPD nie die aanslag stuit nie. My aanbeveling is gewapende burgers wie bereid is om te skiet sodra daar betree of binne sekere afstand van hulle spasie oortree word. Hierbenewens hou ek ‘n nasionale “bufferstrook” van goed opgeleide Buurtwagte voor binne elke GPF Sektor, landswyd. Buurtwagvoorsitters (verkieslik oud SAW en oud SAP lede) het nie tyd vir speletjies of magspel en eie agendas nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.