WAARSKUWING: Die foto onderaan die berig is grafies van aard en nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie.
ʼn Man is Sondagaand tydens ʼn vermeende huisroof in Pretoria doodgeskiet.
Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die voorval het in 5de Laan in Laudium, in die suidweste van die stad, plaasgevind.
“Twee gewapende mans het na bewering omstreeks 21:30 toegang tot die huis verkry en familielede in die huis oorval. Die inwoners is met ʼn vuurwapen gedreig, waarna die verdagtes aangedring het op juwele en geld,” het Moloto gesê.
Iemand in die huis het die huis se alarm geaktiveer en beamptes van ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy het spoedig reageer.
“Toe die veiligheidsbeamptes by die huis opdaag, het die verdagtes op hulle losgebrand. Die beamptes het teruggeskiet en een van die verdagtes noodlottig gewond.”
Maroela Media het verneem die man is in die linkerbors getref en is op die toneel dood verklaar.
Die ander verdagte (36) is kort daarna deur die polisie in hegtenis geneem. Die polisie het beslag gelê op ʼn ongelisensieerde vuurwapen, juwele en ʼn bedrag geld wat tydens die voorval gebuit is.
Die Laudium-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof.
Die man wat in hegtenis geneem is, moet binnekort in die Atteridgeville-landdroshof verskyn.
Die Erasmia en Laudium-woonbuurte gaan die afgelope weke gebuk onder ʼn vlaag gewelddadige aanvalle en huisrooftogte. In Oktober het die ontstoke gemeenskap twee vermeende rowers gevang en doodgeslaan, skaars ʼn dag nadat ʼn plaaslike motorhandelaar, Zayne Suliman (50), voor sy gesin in sy huis doodgeskiet is.
WAARSKUWING: Die foto is grafies van aard en nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie.
Nogal opmerklik dat die VERDAGTES albei rooi hemde aan het. Wonder aan watter politieke party hulle behoort.?
So wat reken jy beteken die blou broek dan ? ?
Bennie die blou broek dui aan hulle bly in PTA.
Dit gee mens weer hoop!!!!
So bly iemand word gevang. Alle lof en eer aan die Here vir die beveiliging van die mense van die huis.
Maroela media: moes die berig nie eerder gelees het: INBRAKER GESKIET TYDENS ROOFTOG? Man, laat mens onmiddellik cis weereens ‘n onskuldige pa wat sy gesin agterlaat.
Jammer, ek het bedoel ‘INBREKER’. Kan julle my nou antwoord asseblief?
Ek stem saam jou. Hul kon netsowel geskryf het “pa doodgeskiet tydens huisroof”, dit sou ewe misleidend wees. Dalk dink hul “inbraker geskiet tydens huisroof” klink nie reg nie.
Met sy rooi T hemp aan het hy die gesin se vuurwapen, geld en juwele gaan NASIONALISEER!
mm sal die polities inkorrek vind om die rooihempie mannetjie n inbreker te noem Retha. want se nou hulle was net toeskouers? of hulle het kom kersliedere sing met hulle rooi hempies aan?
lekker. geregtigheid seevier darem nog nou en dan
Die motief vir die “inbraak” kan nou nie meer gesien en geregverdig word deur te sê hulle het hulle tot inbraak genoop omdat hulle arm en honger is nie, veral gesien in die lig dat die “inbreker” ‘n baie gesogte handelsmerk “tekkie” dra.
Geen mens gaan soek kos met n vuurwapen nie.
Ag shame, moet hom tog net nie in n kis sit om hom n les te leer nie.
Hahahaha Kosie.. goeie humor van jou kant af, soms het mens dit bietjie nodig met al die geweld, moord, vekragting ens. Ja soms moet geregtiheid bietjie seevier…. trots op die veiligheidsbeamptes……..hoop al die ander lees dit….wees maar gewaarsku.
Bevredigende resultaat. Van die pleeg van ‘ n ernstige misdaad (gewapende roof) tot by die voltrekking van die gepaste vonnis, seker minder as ‘n halfuur. En die belangrikste – die onskuldige slagoffers het dit oorleef.
En die belastingbetaler ‘n klomp geld gespaar.
Ja, met Maroela moet jy eers die inhoud lees dan die opskrifte….. Ekt ook gedink die ” goeie ou” is weer dood.
Nou sal die arme veiligheisabeampte seker van moord aangekla word
Maroela wat beteken ” vermeende ” rooftog. Het dit gebeur of het dit nie. Is julle nie seker van julle berig nie? Verduidelik asb vir ons lesers?Was dit dalk hoorse?