Man tydens rooftog by JHB-hospitaal geskiet

'n Foto van die toneel. Foto: The Legend @medixgauteng / Twitter

‘n Foto van die toneel. Foto: The Legend @medixgauteng / Twitter

ʼn Veiligheidswag is Maandagoggend tydens ʼn gewapende roof by die Netcare Linksfield-hospitaal in Johannesburg geskiet en gewond.

Volgens lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn Gautengse polisiewoordvoerder, was die veiligheidswag en ʼn kollega besig om geld by die hospitaal op te laai toe hy geskiet is. “Die man was in die ontvangsgebied toe hy deur twee mans op hom geskiet het,” het hy gesê. “Hy is in sy been getref.”

Die aanvallers het met ʼn geldboks met ʼn onbekende hoeveelheid kontant van die toneel gevlug.

Die polisie het ʼn vuurwapen, waarvan die reeksnommer afgevyl is, buite die hospitaal gevind.

Die polisie ondersoek die voorval. Die man is in ʼn stabiele toestand. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.