Man tydens rooftog by restaurant doodgeskiet

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Man is Saterdag tydens ʼn gewapende rooftog by ʼn restaurant in Bryanston, Johannesburg, doodgeskiet.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê twee verdagtes het probeer om die restaurant in Hobartweg te beroof. Een van die verdagtes het ʼn vuurwapen by hom gehad, terwyl die ander ʼn mes gehad het.

“Twee personeellede is deur die verdagtes aangehou, maar niks is by die restaurant geroof nie. ʼn Personeellid is deur die verdagtes geskiet, terwyl ʼn vrou met ʼn mes gesteek is,” het Dlamini gesê.

Chitra Bodasing-Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het die werknemer wat geskiet is, buite die restaurant gelê. Paramedici het die man probeer bybring, maar hy het op die toneel gesterf.

“Die vrou het ligte beserings opgedoen nadat sy met ʼn mes gesteek is en is na ʼn hospitaal geneem,” het Bodasing-Harduth gesê.

Volgens Dlamini is een van die verdagtes deur die polisie vasgetrek en ʼn vuurwapen tydens die inhegtenisneming in sy besit gevind. “Die verdagte sal teregstaan op aanklagte van moord, poging tot moord en die onwettige besit van ʼn vuurwapen,” het hy gesê. “Die tweede verdagte is steeds op vrye voet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Kobus ·

Kon niks materieel buit,maar steeds n lewe geneem….Oog vir n oog….al oplossing

Cherokee ·

Miskien net ‘n proeflopie gewees, Kobus. En toe skrik hulle erger as die slagoffers.

Buitestander ·

Dit is erg net so voor die feesgety. Sterkte aan die naasbestandes.

Xavier ·

Deksels man!!! Moet onse belastingbetalende wetsgehoorsame landsburgers nou kluisenaars/ prisoniers in onse eie huise (waar ons veiligheid ook noe 100% gewaarborg is nie!!!) word!!!

Xavier ·

En dit herinner my aan die verlies van boks legende Pierre Coetzer….afgemaai in ‘n restuarant. Wat het van die Republiek van Suid Afrika geword? Of, is dit opad om die Peoples Republc of Azania te word? Of is dit alreeds….?

Cherokee ·

‘Legende’? Hou tog op om die media te help met oordrewe titels.

Lance ·

”Verdagte ” dankie nou weer ons dis nie n vd Merwe nie …

GES ·

Dit is erg. Hoe erg en hoe kru dit ook al mag wees, die doodstraf sal moet terugkom.

Cherokee ·

Doodstraf herinstel? Dìt terwyl witmense toegesluit word vir kleinighede en borg geweier word maar swartes word borg toegestaan vir erge dinge? Dit terwyl selfs swart regters openlik rassisties is? Jy kan nie helder wees nie!

Yster ·

En nou weet die 1 ste verdagte natuurlik nie wie die 2de verdagte is nie. Dis tyd dat ons nerens soder n wapen gaan nie .

Cherokee ·

Nêrens gaan ongewapend nie? Yster, die (meeste) wittes is nie land is geen ysters nie maar plêstiek. Hulle vertel gereeld in forums soos hierdie dat die regering die land ontwapen maar doen ‘n proef en toets hoeveel van hulle doen die moeite om aansoek te doen. Te veel moeite omdat daar nou ‘n bietjie leerwerk en skryf van ‘n toets betrokke is. Hulle luister net wat die ander sê en herhaal dieselfde rympies. ‘n Vuurwapenlisensie is nie so onbekombaar as wat gedink word, nie.

Tess Riekert ·

Die motief is om te moor…. Grap is hy gaan vinnig borg kry want niemand gaan sy borgaansoek probeer teenstaan nie. Hy het gemoor! Die Middelburg 2 het ‘n skarmunkel skrik op die ly geja en anc… da…. eff…. sorg dat hul nie borg kry nie! Ons mense is te passief. Gods water oor Gods akker. Wil nie sien nie. Wil nie hoor nie dan hoef ons nie in opstand teen die ongeregtigheid te kom nie. Ontwaak my Volk. ONTWAAK!

Xavier ·

Ek vra om verskoming aan Pierre Coetzer. Dit was Corrie Saunders wat in ‘n restuarantrooftog omgekom het. En, oor wapens…’n wetsgehoorsame belastinbetalende landsburger se uitrusting behoort net uit skoene en klere (en natuurlik onderklere) te bestaan. Die feit dat ek orals met ‘n vuurwapen moet loop is onaanvaarbaar. Hierdie is allermins NIE die 1800’s en ons is NIE Cowboys in ‘n wilde omgewing nie…

Cherokee ·

Miljoene van die inwoners is nie wetsgehoorsame belastingbetalende landsburgers nie. Miljoene van hulle kan nie met een van daardie 3 titels spog nie. Die alternatief is dus om, al is dit teësinnig, gewapend te wees.

Annie ·

As jy daai vuurwapen in die publiek trek gaan jy meer drama kry as die persoon wat alreeds moord gepleeg het met sy ongelisensieheerde wapen .. dit is ons land vir jou … kriminele word beskerm met belasting geld wat ons betaal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.