Man tydens rooftog in Pta-meenthuis geskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal opgeneem nadat hy Sondag in die vroeë oggendure deur gewapende rowers in sy meenthuis in Pretoria geskiet is.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê twee verdagtes het die kompleks in Noralaan in Willow Park Manor binnegekom en ʼn venster van een van die meenthuise gebreek om toegang tot die huis te kry.

“Die verdagtes het na bewering vuurwapens by hulle gehad en het twee mense in die huis oorval. ʼn 30-jarige man is geskiet. Die verdagtes het met skootrekenaars, rekenaartablette en beursies op die vlug geslaan,” het Masondo gesê.

Masondo wou nie die naam van die man bekendmaak nie.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê volgens paramedici wat na die toneel ontbied is, is die man verskeie kere geskiet. Hy is in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

Volgens Masondo is die verdagtes steeds op vrye voet. “Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en poging tot moord,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Christine ·

Dit is regtig nie meer snaaks om ELKE dag te lees van iemand wat geskiet is tydens rooftog nie :( En die regering doen absoluut NIKS! All sterkte vir al die families wat soveel pyn & lyding moet deurmaak. Mag die Here julle sterk hou!

Cherokee ·

Die amptelike opposisie eis ook nie optrede vanaf regeringskant nie.

pieter ·

Ja nee wragtig te bang om die koerant oop te maak want dit is net moord moord en die regering doen niks nie. Pateties

Luna ·

As dit tog maar net die koerant haal! As dit wit mense is kraai g’n haan weer daaroor.

bekommerd ·

Ja Gert, ek vra dit ook. Ons leef nog te gemaklik lyk dit my en besef nog nie die oorlog wat teen ons gevoer word nie. Daarteenoor staan ons leierloos teen die duiwels

Chrisjan ·

Begin by jouself. Maak seker jy is nie die vlg slagoffer nie.

Landi Maree ·

Sterkte aan di familie
Jammer om te se hier gaan weer niks asn gedoen word. N jaar of wat as hulle gevang word en hulle is geskool om weer verder te moor n roof
Bring doodstraf terug ons belasting betalers ht ni nodig om moordenaars verkragters n rowers te akkomodeer ni

Gatvol ·

Ek stem saam met jou Gert. Die moord en geweld teen ons mense gaan wel stop…..sodra die laaste wit velletjie ses voet onder die grond begrawe is. Vir almal wat geduldig wag vir n politieke party om iets te doen, raai wat ???? HULLE GAAN NIE!!! Ons kan net ons self help.Dis te se as ons wil……..

Katjie ·

Ja nee en elke dag weer dieselfde nog iemand vermoor. Skiet maar en daaar gaat ons……en kry weer reg vir die volgende teiken. Ons kom mos lekker weg met moord
Niks gebeur nie en nog n persoon geskiet of vermoor..!!!!!!!! Gvol vir misdaad en gemors wat aangaan in ons land!!!!!

Adriaan van Wyk ·

Mense wanneer gaan julle leer? Bewapen julself. Hulle is uit vir ons eiendom en bloed. Word wakker. DA gaan vir ons niks doen nie.

wilma ·

Gooi di b…… in n dreingat. Mense jul mut gaan vi skietlesse.

tom ·

Mense sit vir julle alarms in wat vroer kan waarsku dan wag jy vir die __________en skiet hulle dood

Hennie ·

Gert noem homself ‘n slapgat. Wanneer gaan hy iets hieromtrent doen?

anton ·

Daar is n manier om die moorde op ons mense te stop.
As ek dit hier moet skryf sal dit elkgeval nie gepubliseer word nie.

Andre ·

Waarom sal die regering iets daaromtrent doen ? Na elke huisroof, motorskaking of inbraak is daar versekeringseise en die staat verdien 14% van die waarde daarvan.

Brigitte ·

Ek glo Oscar Pistorius het gedink daar was booswigte in sy huis. Hierdie is dieselfde scenario .

Nita ·

En so sukkel ek sedert April om my vuurwapenlisensie te hernu. Skielik was 5 jaar gelede se sertifikate nie korrek nie. Weer toetse afle en hele beslommernis. Nou het die lisensie verval. En moet ek weer wag vir die nuwe amnestie tydperk of my wapen inhandig vir vernietiging. Dit lyk of die regering sy bes doen om sy wetsgehoorsame burgers te ontwapen en die kriminele te bewapen.

lezaan nel ·

Voel vreeslik jammer vir hierdie mense, Ons is vyf maande gelede deur dieselfde trauma. Is hel. Ons woon in selfde woonbuurt. Geen positiewe terugvoering tot dusver. Selfde situasie, ook vroeg op Sondagoggend. Modus operandi was amper identies.

lynni ·

Ek het nou Netwerk24 gelees. Dis een moord op ander. Mens gaan skoon in depressie.

Anoniem ·

Joos die medies word gratis verskaf aan die krimineel. Jy my maat moet ongelukkig self betaal. Dit wys mos vir jou aan wie se kant is Zuma.

AndreWa ·

Dink bietjie hieroor, en vra wat word hieromtrent gedoen?

Moorde per 100000 – SA 33 / Wereld gemiddeld 6.2

Rasper ·

Dit klink soos cowboys en crooks…….al verskil die crooks skiet en die cowboys gaan dood, of word ernstig gewond. Die cowboys moet nou paraat wees en hul gun aan die sy hou.

CAROL ·

ASKUUS MAAR IS N KOMPLEX NIE SUPPOSE OM SECURITY TE HE NIE????

Anoniem ·

Carol, die sekuriteit by komplekse is net so goed soos wat die sekuriteits personeel dit toepas. Die feit dat ‘n kompleks wel oor sekuriteits dienste beskik, beteken egter nie dat ek as inwoner nou kan dink ek is absoluut veilig en dat ek nie nog steeds paraat moet wees nie. Mense leef in ‘n droomwêreld as hulle dink komplekse sal nie ook geteiken word deur misdadigers nie. Ongeag van waar jy woon, jyself is verantwoordelik vir jou eie veiligheid, so wees dus paraat en beveilig jou woning behoorlik.

Isabel ·

Net ons Hemelse Vader kan teen hierdie demone veg. Asb Vader wreek ons. Amen.

BOLANDER ·

Ek is bevrees dit gaan dalk net erger word as Zuma se gewese vrou aan bewind gaan kom. Behoede en bewaar my!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Lena Lombard le Roux ·

Ek stem volkome saam! As hulle regtig onnosel genoeg is om vir haar te stem, kan hulle net sowel vir Zuma hou waar hy is! Hy gaan haar in elk geval voorsê wat om te doen!

andre ·

Ek woon ook in n kompleks, maar laat ek jou se ek het adt en elektriese heining en als maar ek sluit my en my vrou en honde voor 6 in die aand al toe .ek drae my wapen op my sy en slaap ook met hom .Bewapen jou self en jou mense , dit is al kans wat jy het in vandag se tye.en as die dag kom siet hulle almal in die hel in.

Riette ·

Vir die mense wat vra wanneer gaan ons iets daaraan doen…as jy nie deel is van die oplossing nie, is jy deel van die probleem. As mens nie bereid is om self iets doen nie, moet jy nie kla nie.

Lena Lombard le Roux ·

Dit is ‘n voorreg om by julle te kan aansluit! Mens sien mos niks van al die moorde op TV of in die koerante nie! Dankie vir julle!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.