Man tydens rusie met byl doodgekap

Argieffoto

Argieffoto

Vier mans het Maandag in die Groblershoop-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn nadat hulle glo oor die naweek ʼn man met ʼn byl doodgekap het.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê Jandre Meyer (20), Johan Bedefort (22), Phakise Mothle (22) en Hendrick Epnaar (31) is aangekla vir die moord op Ricardo Spandiel (28).

“Daar word beweer dat ʼn rusie tussen die groep mans in ʼn straat in Groblershoop ontstaan het. Die vier mans het glo ʼn byl gebruik om Spandiel mee dood te kap. Kort ná dié gruweldaad is die vier in hegtenis geneem en van moord aangekla,” het Tawana gesê.

Die mans het vlugtig in die hof verskyn en die saak is tot Woensdag uitgestel wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen. Hulle bly voorlopig in polisieaanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Veritas ·

Dankie tog Mariné dat jy die woord ‘doodgekap’ gebruik en nie ‘doodgeslaan’ nie.

Lida ·

Dit lyk of die duiwel los is onder die memsdom! Wat gaan in hul koppe aan?

Irene ·

Hoe kan jy vir birg aansoek doen as jy iemand dood maak ag nee

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.