Man tydens visvanguitstappie deur haai aangeval

Argieffoto van Arniston in die Wes-Kaap. Foto: https://en.wikipedia.org

Argieffoto van Waenhuiskrans in die Wes-Kaap. Foto: https://en.wikipedia.org

ʼn Man is ernstig beseer nadat hy Donderdagmiddag in die see by Waenhuiskrans aan die Wes-Kaapse kus vermoedelik deur ʼn witdoodshaai aangeval is.

Reinard Geldenhuys, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Agulhas, het gesê NSRI-bemanning is omstreeks 12:05 na die toneel ontbied. Daar het hulle ʼn 43-jarige man in die hawe gevind met erge bytmerke en ʼn skeurwond aan sy linkerbeen en snywonde aan sy regterhand.

“Die man, glo ʼn inwoner van Bettiesbaai, het saam met sy vriende naby Ryspunt van ʼn boot af met pylgewere visgevang toe die voorval plaasgevind het,” het Geldenhuys gesê.

“Dit het gelyk asof die haai hom aan sy linkerbeen gebyt het en dat hy snywonde aan sy regterhand opgedoen het terwyl hy van die haai probeer wegkom het,” het Geldenhuys gesê. “Sy vriende het die rubberbande van die pylgewere gebruik om sy wonde styf vas te bind en paramedici het hom op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn hospitaal gehaas is.”

Volgens Geldenhuys is die man by ʼn hospitaal in Bredasdorp opgeneem voordat hy per helikopter na ʼn hospitaal in Kaapstad geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jacobus ·

Die haai het seker ‘n geleentheid op die boot gesoek na die hawe toe.

Karolis ·

Ek het julle mos gewaarsku daai haker van die Haaie is byterig as hy ‘n paar stormers agter die blad het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.