Man uit bewegende trein gestamp

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Man is Maandag in Pretoria dood nadat hy vermoedelik uit ʼn bewegende trein in die noorde van die stad gestamp is.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het die voorval omstreeks 11:00 naby die Ga-Rankuwa-treinstasie in Pilanestraat plaasgevind.

“Die omstandighede wat tot die voorval gelei het is onbekend,” het Mathe gesê. “Met paramedici se aankoms op die toneel is die man se liggaam sowat 15 meter ver van die platform in die veld gevind.”

Niks kon vir die man gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.