Man uit dolosse by Durbanse hawe gered

Durbanse hawe (Foto: http://readmt.com/blog/article/2012/12/03/port-focus-durban/ via NSRI)

Durbanse hawe (Foto: http://readmt.com/blog/article/2012/12/03/port-focus-durban/ via NSRI)

ʼn 50-jarige man word vir vermoedelik rugbeserings behandel nadat hy tussen die dolosse by South Arm in Durban se hawe ingeval het.

“Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is omstreeks 18:40 deur Transnet-haweowerheid ontbied nadat die man tussen die dolosse ingeval het,” het Andre Fletcher, NSRI Durban-stasiebevelvoerder, gesê.

“Paramedici en reddingsbeamptes van die NSRI en die polisie het die man tussen die dolosse gevind in ʼn plek wat moeilik toeganklik was,” het Fletcher bygevoeg. ʼn Paramedikus van Netcare 911 moes met een van die NSRI se reddingsvaartuie van die water se kant af na die toneel gebring word.

“Hy is vir stompvoorwerptraumabeserings en vermoedelik rugbeserings behandel. Hy is op die toneel gestabiliseer voor hy in ʼn ER24-ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.” Dit is nog nie duidelik hoe die man geval het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Louis ·

Graag wil ek net verneem die Vaaldam is 103% vol. Wanneer word die waterbeperking opgehef. Julle gee altyd baie goeie Nuus,

Byvoorbaat baie dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.