Man uit koma ná aanranding by kuierplek

Louis Pienaar saam met sy vrou, Corryne en kinders, Aden en Finn. Foto: Verskaf

Louis Pienaar (38) het begin wakker word uit die koma waarin hy langer as ʼn week was nadat hy na bewering deur ʼn Blou Bul-o.21-rugbyspeler by ʼn nagklub in die ooste van Pretoria geslaan is.

Maroela Media het vroeër berig Louis, ʼn rekenaarspesialis, was vir lank in ʼn kritieke toestand in die waakeenheid van die Life Wilgers-hospitaal nadat hy op 11 November omstreeks 04:00 buite die kuierplek aangerand is.

Pine Pienaar, Louis se pa, het vroeër gesê die kuierplek het toegemaak en Louis was nog op die dansvloer toe daar ʼn groep rugbyspelers, waaronder Dylan van der Walt (20), ʼn losvoorspeler vir die Blou Bulle, daar aangekom het. “Soos ons verstaan, het ʼn woordewisseling ontstaan. Louis en sy neef, Christian Cronjé, is toe na buite, waar Dylan hom in die parkeergebied van agter van sy voete af geslaan het. Hy het hom nog ʼn hou gegee, voor hy saam met mense in ʼn voertuig geklim en weggery het,” het Pine gesê.

Karen Pienaar, Louis se suster, het Vrydag aan Maroela Media gesê Louis moes noodgedwonge verlede Donderdag ʼn operasie ondergaan om drukking op twee plekke op sy brein te verlig.

“Die prosedure het so twee ure lank geduur en was ʼn sukses. Sy toestand het begin verbeter en dokters het vandeesweek begin om geleidelik die medikasie wat hom onder verdowing gehou het te verminder. Hy het van Woensdag af begin wakker word,” het Karen gesê.

Sy het gesê Louis is Donderdag van die ventilator afgehaal en hy haal nou self asem. “Hy kan nog nie goed praat nie, maar herken ons wel en dit lyk of hy verstaan as daar met hom gepraat word, want hy sal byvoorbeeld my pa se hand druk om te kommunikeer.”

Dylan van der Walt (Foto: Verskaf)

Karen het gesê Louis word nog in die waakeenheid gehou totdat hy sterk genoeg is om na ʼn gewone saal geskuif te word. Dit is nog te vroeg om vas te stel of hy enige permanente breinskade opgedoen het.

“Vir nou is ons net baie dankbaar dat dit beter gaan. Hy is nou stabiel en buite gevaar. Die sorg en behandeling wat hy in die hospitaal ontvang is wonderlik, ons kon nie vir beter gevra het nie,” het sy gesê.

Die Garsfontein-polisie ondersoek ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Dylan se prokureur, Jacques Diemieniet, het vroeër gesê sy kliënt het onderneem om sy samewerking vir die polisie te gee.

Wayne van der Walt, Dylan se pa, het sy seun ná die voorval op Facebook verdedig. “Dylan was nog nooit betrokke by enige bakleiery in sy hele lewe nie en omdat hy vir die Bulle speel is dit tien keer erger. Wat julle lees is net die helfte van die storie. Dylan was saam [met] twee van sy maats, en die ander ou het vyf vriende en familie saam [met] hom gehad. Dylan het hom een keer geslaan en hy het geval,” het Wayne op Facebook geskryf.

Wayne maak verskeie bewerings, soos dat “die 38-jarige man” glo besope was en na bewering probeer het om by ʼn 20-jarige meisie aan te lê.

“Wat gebeur het, is hartseer. Ons is ʼn Christelike familie en net God kan oordeel, maar nou ja, dis net so hard vir my kind as wat dit vir enige iemand anders sal wees.”

Shanil Mangaroo, woordvoerder van die Blou Bulle Maatskappy, het vroeër gesê die maatskappy gaan nie in dié stadium enige kommentaar oor die voorval lewer nie. “Aangesien daar wetlike aspekte betrokke is, wag ons eers vir die ondersoek om sy gang te gaan. Sodra daar meer inligting beskikbaar word, sal ons dit verder hanteer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Nico ·

Hy is n skande vir die samelewing, sal beslis nie meer vir die bulle skree as die sterkman met sy blou kleertjies speel nie, en rerig n voorbeeldige Christen… WOW ek stem Susan sekere mense kyk ook nie lekker nie, dit lyk na mode parade gym kleertjies wat die arme spelertjie mee poseer, wonder hoekom ons bulle nog vir die softies skree.

De Wet Verwey ·

Want die pien stelletjie was in die was. Hy dra dit deur die week… hahaha

Antoinette ·

Wil nie hare kloof maar wat maak n getroude man daai tyd van die oggend in so n plek. Moes hy nie by sy vrou en kinders in huis wees nie. Dit is mos vir soek na moeilikheid

Alida ·

Stem saam. Miskien sal hy nou 2X dink voor hy “bachelor” speel. Hy moes by die huis gewees het waar hy hoort.

De Wet Verwey ·

So met ander woorde Antoinette…. As mens getroud is, mag jy geen sins aleen uitgaan saam vriende en ñ drankie geniet nie, want as jy wel doen, sal jy getimmer word deur ñ testosteroon behepte 20jarige blou bulletjie? Ag snert man… Word wakker Antie Antoinette…

Adriaan ·

Volgens vroeëre berigte is Louis en sy neef, behalwe dat hulle familie is, ook goeie vriende. Hulle het mekaar lanklaas gesien en het uitgegaan om op te vang. Maar eintlik het sy doene en late niks met jou te doen nie en jou insinuasie kom neer op victim blaming.

Adam ·

Wat is fout daarmee om n aand sonder jou vrou te spandeer Het jy nog nooit n ladies night gehad nie Almal is nie gevrek om net by die huis te kuier nie Vra liewers wat het bakleier daar gesoek Ek ken daai tipe wat van kroeg na kroeg ry om n fight te gaan soek en brag hoe hulle die en daai geslaan het Sy pa kan maar skerm hy weet nie wat sy christelike kind agter sy rug doen nie

Poplap ·

Daai halsbandjie om jou man se nekkie is seker gewelsig styf. Gelukkig is alle getroude mans nie op so kort leibandjie nie. Dis darem rerig maar pateties hoe dade verskoob word. Dis dieselfde argument as: sy is verkrag maar wil nou noe hare kloof nie wat het sy gesoek in die kroeg. Of die tiener wat doodgaan in ‘n kar ongeluk: wil nou nie hare kloof nie maar wat soek hy op straat na 12:00. HOOR JULLE OOIT JULLESELF AS JULLE SULKE TWAK PRAAT OF IS JULLE SO BESIG OM HOLIER THAN THOUGH TE WEES DAT LOGIKA BY DIE DEUR UITVLIEG?

Buitestander ·

‘n Sterk jong man wat rugby speel bewys sy manlikheid om ‘n ander van agter aan te val. Mooi man jy is nie ‘ n lafhart nie.
Spring in ‘n motor en ry kallem en bedaard daar weg.

HPV ·

Antoinette, Eliza, Alida. Dames, ons as ‘n groep getroude weermag veterane en jagters kuier maklik deurnag, en nogal gereeld. Meestal sonder ons vrouens. Ek glo ons is nie die uitsondering nie, daar is baie wat so saam kuier. Sien ook niks verkeerd daarmee. Ons vrouens gun ons ons weegbreek aande. Soms dink ek hulle is maar te bly om van ons ontslae te wees.

Drienie Nortje ·

Ek wil weet wat soek n pa wat n vrou en 2 kindertjies het 4h00 in die oggend in n nagklub???

Callie ·

Eerste plek het dit niks met die dwepers te doen wat die ou daar gedoen het nie. Hy het ook die reg daartoe. Tweede plek het n MAN net baklei as hy moet en van aangesig tot aangesig. Die volk van die land, Kerkmemse , so se hulle

Aapvanikaap ·

En ek neem aan geen man wat getroud is mag saam met vriende en familie kuier tot laat nie. Julle moet reg kom . Daar sal altyd geweld wees waar oormaat drank betrokke is, en sekere lede van ons samelewing kan hul drank nie hanteer nie. Ons het ons respek vir mede mens verloor en daarmee ons selfrespek.

Barend ·

Of die getroude man reg of verkeerd opgetree het, is nie ter sake nie. Die feit is hy is aangerand, byna doodgeslaan.

Rob ·

Ek is verstom hoe veel mense klaar oor hoe laat die man gekuir het .Wat het dit te doen met enige iemand ( julle is seker bul supporters) ,dit is sy besigheid en dit gee niemand die reg om hom van agter af te slaan nie, hy is a COWARD.

bgj van der westhuizen ·

wel dit lyk my in die land as jy swart en vir n ruby klap speel kan jy mense slaan laat hulle in n koma gaan en jy is vry om rond te loop maar wees net n normale wit man en slaan eimand dan word jy onmiddelik toe gesluit waar om is die blou bulle speller nie toe gesluit en dan borg gegee nie of die man getrou is en laat in n koeg was het niks met die saak tr doen nie wat te doen was hy was van agter geslaat dat hy in n koma was dit was aan randing en dei spller moet toe gesluit gewees het en dan borg gekry het waar om is dit nie so gedeon nie en die blou bulle julle gaan baie onder stenners verloor wees julle niks doen nie julle moet dei speller geskors het tot die verhoo oo was dit sal ook n voor beeld wees vir ander spellers maar nou sien hulle kan mense aan rand en weg kom met dit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.