Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man is uit die motor geslinger en het sowat 20m ver van die motor gelê met paramedici se aankoms op die toneel.
Volgens Meiring het die man noodlottige kop- en nekbeserings opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar. Die man het glo beheer oor sy motor verloor waarna dit omgeslaan het.
Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Oorsaak? Waarskynlik ‘n kombinasie van spoed en skielike pluk aan die stuurwiel.