Man uit motor geslinger, sterf

Foto: ER24

Foto: ER24

‘n 41-jarige man is dood nadat sy motor omgeslaan en verskeie kere gerol het op die Bultfonteinpad in Welkom in die Vrystaat.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man is uit die motor geslinger en het sowat 20m ver van die motor gelê met paramedici se aankoms op die toneel.

Volgens Meiring het die man noodlottige kop- en nekbeserings opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar. Die man het glo beheer oor sy motor verloor waarna dit omgeslaan het.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Neptunus ·

Oorsaak? Waarskynlik ‘n kombinasie van spoed en skielike pluk aan die stuurwiel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.