Man uit ‘onderwêreld’ vas vir dwelms, ontvoering

Volgens die Valke is daar tydens die klopjag beslag gelê op verskeie soorte narkotika en inkriminerende vervaardigingstoerusting.

Vier mense, onder wie ʼn beweerde lyfwag van ʼn berugte figuur uit die onderwêreld van misdaad wat tans tronkstraf uitdien, is in hegtenis geneem ná ʼn klopjag deur die Valke.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê die klopjag is Donderdag in Bryanston en Jukskeipark uitgevoer.

Die verdagtes, tussen 29 en 44 jaar oud, kan almal volgens Ramovha verbind word met verskeie onwettige aktiwiteite. Volgens hom is daar tydens die klopjag beslag gelê op verskeie soorte narkotika en inkriminerende vervaardigingstoerusting.

“Onder dié wat in hegtenis geneem is, is ʼn 38-jarige beweerde handlanger wat met die onderwêreld se veiligheidsbedryf verbind kan word. Dit word beweer dat hy ʼn lyfwag van ʼn omstrede onderwêreld-figuur was wat tans tronkstraf uitdien vir verskeie ernstige misdrywe,” het Ramovha gesê.

Een verdagte, Vishalin Dookie (29), het reeds in die Randburg-landdroshof verskyn en sy saak is tot 24 Mei uitgestel vir ʼn aansoek om borgtog.

Die ander drie sou Vrydag in dieselfde hof verskyn het op aanklagte van afpersing, geldwassery, handeldryf en die onwettige besit van narkotika, steroïede, wapens en ammunisie sowel as van ontvoering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

marous ·

Waarom word die berugte onder wereld figuur nie toegesluit nie ? Dalk omdat hy baie vriende in die bo wereld het ? post Sien hy sit …blykbaar net maandae ….

Hennie ·

En die volgende wat ons sal hoor is dat hulle uit polisieaanhouding ontsnap het.

Sarel Strydom ·

Hier gaan weer borgtog toegestaan word van R1000.00 elk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.