Man uitgelewer oor seksuele aanklagte

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Gauteng het bevestig ʼn man is aan Duitsland uitgelewer om daar 37 aanklagte van seksuele mishandeling van kinders in die gesig te staar.

“George Wilhem Kerkhof word ook gesoek vir die smokkel van dwelmmiddels,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê.

Dlamini sê Kerkhof het glo die misdade gepleeg terwyl hy in Duitsland gebly het. Hy het sewe jaar gelede na Suid-Afrika verhuis. “Die proses om hom aan die Duitse owerhede uit te lewer het al verlede jaar begin,” het hy bygevoeg.

Kerkhof is by OR Tambo Internasionale Lughawe aan beamptes van Interpol oorgegee en hulle het van daar na Duitsland gevlieg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Aster ·

Die eerste keer dat ek van die naam “Wilhem” hoor, maar di’s niks snaaks nie. Mens kry mos maar snaakse spellings vir name deesdae. Di’s seker afgelei van “Wilhelm”.
Ek glo daar moet ‘n wêreldwet wees wat alle lande verplig om misdadigers uit te lewer. Te veel misdadigers kom weg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.