Man ure lank in graansilo vasgekeer

Foto: ANA.

ʼn Man, vermoedelik in sy dertigs, is in die hospitaal opgeneem ná hy etlike ure in ʼn graansilo in Winterton in KwaZulu-Natal vasgekeer was.

Paramedici van ER24 het saam met provinsiale nooddienste vroeg Sondagoggend by die toneel opgedaag en die man aangetref waar hy tot by sy bors binne die silo vasgekeer was.

Verskeie mans het in die silo geklim en reeds groot hoeveelhede graan begin verwyder.

Provinsiale dienste het verskeie soorte reddingstoerusting gebruik om ʼn groot gat aan die onderkant van die silo te maak om meer toegang tot die graan te verkry sodat dit verwyder kon word.

Die man is ure later uit die silo bevry.

Hy is op die toneel vir sy beserings behandel en per mediese helikopter na die Mediclinic in Pietermaritzburg geneem.

Die omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.