Man ure lank in motorwrak vasgekeer

Die wrak van die motor. Foto: ER24

Nooddiensbeamptes moes Saterdag byna drie uur lank sukkel om ʼn ernstig beseerde man uit ʼn motorwrak te bevry nadat sy voertuig van agter teen ʼn vragmotor gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 03:00 na die toneel op die R21 naby die Benoni-afrit in Ekurhuleni ontbied. Lede van die brandweer en Sanral-nooddienste het hulle ook na die toneel gehaas waar hulle gesien het hoe ʼn motorwrak byna heeltemal onder die agterkant van ʼn vragmotor vasgesit het.

“Paramedici kon omtrent nie by die bestuurder van die motor uitkom nie, maar het daarin geslaag om hom mediese behandeling te gee terwyl daar gesukkel is om hom uit die wrak te bevry,” het Vermaak gesê. Die man is ná byna drie uur uit die wrak gehaal en op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn hospitaal gehaas is.

“Die man, vermoedelik in sy 30’s, het ernstige beserings opgedoen,” het hy gesê. Die presiese oorsaak van die botsing is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Maya Roon Joubert ·

Daar is omtrent niks Can die kar oor nie! As Dié bestuurder die ongeluk oorlewe kan dit ‘n wonderwerk en per genade van God wees! Ongelooflik!

Pastoor ·

Vragmotor het seker stil gestaan. Vader hou U Hand oor hom. Ons paaie is rof

thelsa ·

Pastoor as ek die berig reg verstaan is dit ‘n motorongeluk en het niks met die pad te doen nie. Die R21 is ‘n pad in goeie toestand. Die motoriste is rof. ‘n Pad het nog nooit ‘n ongeluk gemaak nie.

Christelle Gibbens ·

Dink die persoon bedoel ons paaie is figuurlik rof/erg, nie letterlik nie.

CQ ·

Thelsa…. ai tog lees net met begrip asb!
Pastoor sê die paaie is rof… bedoelende
Dis gevaarlik op die paaie met al die ongelukke agv. Simpel mense en stukkende karre en dronkaards en diere op paaie en bande wat bars, ensovoorts….

leon pit ·

Hoe groot moet n Trok dan nou wees voor jy hom sien. Die tipe ongelukke gebeur nie onder normale omstandighede nie. Of jy is blind / dronk / of jy is nie inbeheer van jou voertuig nie

Oom Walker ·

Daar is snags ongelooflik baie trokke met foutiewe, of selfs geen, agterligte op die deurpaaie…

CQ ·

Leon Pit! 3uur die oggend… is dit nie dan donker nie? Die vragmotor het heel waarskeinlik geen ligte gehad nie.

Geelstreep ·

@CQ. Ek vermoed die kar moes ook nie ligte gehad het nie want deesdae het al die vragmotors van daardie geel weerkaats strepe op , en dit sien jy amper beter raak as jou ligte daarop skyn as die vragmotor( of sy agterligte ) self, so daar was dalk fout met die kar se ligte ook, of die afstand tussen die kar en vragmotor het dalk net te gou op ( minder) geraak vandat die motor bestuurder die v-motor gesien het, so terloops dit lyk vir my of die motor van voor en nie ‘ van agter’ gestamp is nie, en dat hy wel moonlik agter in die vragmotor vas gery het, volgens die berig moes die man in die Lorrie vas ge’reverse’ het ( aka van agter) terwyl die meeste skade’ van voor ‘ ( aan motor se enjinkap) is

dpj ·

Sig van bestuurder speel ‘n baie belangrike in sulke botsings.
Daarom is dit BAIE belangrik dat oë gereeld getoets MOET word.
Voorkoming is beter as nasorg.

Vraag? ·

Ek vra want ek is nie seker dat vragmotors (volgens wet?) ‘n agterste buffer mee toegerus moet wees reeds oor hierdie tipe van gewoonlik noodlottige ongelukke. Daar is al heelwat swaar voertuie waarvan die glimstroke ook nou al in so ‘n toestand is dat dit bykans nie meer bestaan.

Dawie ·

Ek dink jy is reg, vragmotors se agterbuffers moet sodanig wees dat n motor nie onder die voertuig kan ingaan ten tye van ‘n botsing nie.

Geelstreep ·

Ja daar moet n agter buffer wees( weet nie hoe sterk en hoe effektief dit sal wees teen n motor wat teen 80/90/100/120km/h daar in vasey nie, en as hy jou vragmotor ‘ deur die pit sit’ ( padwaardigheid) is die spietkops veronderstel om na jou geelstreepe/glimstroke te kyk en jou voertuig af te keur as dit nie op standaard is nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.