Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat Goodwill Maranza Sekhwela (26) weer in hegtenis geneem is nadat die polisie ʼn wenk van die gemeenskap ontvang het. Sekhwela het reeds op aanklagte van roof en diefstal tereggestaan, maar sal binnekort in die Tzaneen-landdroshof verskyn op ʼn derde aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding.
Maroela Media het vroeër berig Sekhwela het saam met Victor Makgopa, Mahlatsi Sellotape, Tshepo Charles Sebake, Piet Solly Sekgobela, Houston Mabasa en Lucky Mashatola ontsnap. Hulle is tussen 22 en 36 jaar oud en staan tereg op aanklagte wat wissel van gewapende roof, huisbraak tot sakeroof.
Dié ontsnapping volg skaars ʼn week nadat 13 verhoorafwagtendes uit die aanhoudingselle by die Modimolle (Nylstroom)-polisiestasie ontsnap het.
Nou moet ons goed voel, met nog ses op straat? So iets moet nie gebeur nie… Die verantwoordelikkes, en die offisier aan diens moet afgedank word… maklik…
Stem 100% saam met jou Willie. Iemand het nie hulle job behoorlik gedoen nie, en nou met onskuldige mense in vrees leef.