Man ure ná ontsnapping weer vas

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Een van die sewe gevangenes wat Dinsdagoggend uit die selle by die Tzaneen-polisiestasie ontsnap het, is Dinsdagaand weer in hegtenis geneem.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat Goodwill Maranza Sekhwela (26) weer in hegtenis geneem is nadat die polisie ʼn wenk van die gemeenskap ontvang het. Sekhwela het reeds op aanklagte van roof en diefstal tereggestaan, maar sal binnekort in die Tzaneen-landdroshof verskyn op ʼn derde aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig Sekhwela het saam met Victor Makgopa, Mahlatsi Sellotape, Tshepo Charles Sebake, Piet Solly Sekgobela, Houston Mabasa en Lucky Mashatola ontsnap. Hulle is tussen 22 en 36 jaar oud en staan tereg op aanklagte wat wissel van gewapende roof, huisbraak tot sakeroof.

Dié ontsnapping volg skaars ʼn week nadat 13 verhoorafwagtendes uit die aanhoudingselle by die Modimolle (Nylstroom)-polisiestasie ontsnap het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willie ·

Nou moet ons goed voel, met nog ses op straat? So iets moet nie gebeur nie… Die verantwoordelikkes, en die offisier aan diens moet afgedank word… maklik…

Tina du Toit ·

Stem 100% saam met jou Willie. Iemand het nie hulle job behoorlik gedoen nie, en nou met onskuldige mense in vrees leef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.