Man val 14 verdiepings na sy dood

Argieffoto: Nico Strydom

Die Africa Housing Company (Afhco) het Maandag bevestig dat ʼn tegnikus wat gekontrakteer was om hysbakke by een van hul studenteverblyfsentrums in Johannesburg te herstel verlede week na sy dood geval het onderwyl hy die herstelwerk gedoen het.

Volgens ooggetuies het die man by Living @Rissik in Johannesburg gewerk toe hy gegly en van die veertiende verdieping na sy dood binne die hysbakskag getuimel het.

Dit is dieselfde plek waar Kelvin Baloyi (21), ʼn student, in November 2016 doodgeskiet is, vermoedelik deur ʼn gekontrakteerde veiligheidswag.

Nomfundo Mwelase, Afhco se handelsmerkbestuurder, het gesê dié maatskappy het laat in 2017 die kontrak gekry om twee hysbakke by die gebou te vervang. Die man was besig om ou toerusting te verwyder om sodoende die nuwe toerusting te installeer toe die voorval plaasgevind het.

“Op 22 Maart tussen 16:00 en 17:00 is ʼn kontrakteur wat aan een van die hysbakke gewerk het noodlottig beseer. Aanvanklike ondersoek toon dat die man teenwigte van die hysbak wat nie in werking was nie verwyder het toe hy beseer is,” het Mwelase gesê.

Volgens Mwelase is die polisie, nooddienste en die departement van arbeid onmiddellik in kennis gestel en alle werk by die perseel gestaak hangend die uitkoms van die ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Martin ·

Veiligheid kom eerste, altyd. Nie net vir jouself nie, maar ook vir andere. Ek dink alle vakmanne onthou nog die definisie van ‘n ongeluk: ‘n Ongeluk is ‘n onbeplande en onbeheersde gebeutenis wat deur onveilige handelinge en toestande veroorsaak word :-)

JSG ·

@Martin. Stem volkome saam. Hierdie geval is beslis ‘n ongeluk. Veiligheid prosedure is nie gevolg. Indien jy bv van jou huis se dak afval het jy 9 uit 10 keer nie prosedure gevolg. Dis verbasend hoeveel mense hul lewens verloor agv nalatigheid. Simpatie aan die familie.

Taalgogga ·

Ek het nog altyd ‘n probleem met die woord “ongeluk” gehad. By implikasie sê dit die “geluk” het opgeraak. Wanneer jy enige gevaarlike handelinge uitvoer is daar prosesse wat gevolg moet word. Dit het niks met “geluk” uit te waai nie.
Sterkte vir die oorledene se familie.

Cherokee ·

Dit mag ;n interessante stelling wees wat jy maak Taalgogga, maar bloot net as jy ‘n alternatief sou voorstel vir die woord. Jou redenasie is egter debatteerbaar omdat dit mag redeneer word dat geluk is by verstek wanneer iemand tevrede (lees gelukkig) is in eie handeling. Geluk beteken nie noodwendig om die boerpot te wen nie maar kan ook dui op teveredenheid.

Knapie ·

Fratsongeluk is soveel erger. Lyk asof die media hierdie begrip gebruik as hulle reken daar is geen blaam nie. N Fratsongeluk is as n meteoriet op jou kop val. Enige iets anders is te wyte aan iemand se nalatigheid…

Lolla ·

Tien teen een het hy alleenlik gekwalifiseer as BEE, nie oor sy
gekwalifiseerde vaardighede die werk gekry nie. Saak van mansslag teen goevernment!

Chelle ·

Tragies. Dis baie hartseer. Innige simpatie met die familie.
Elke dag sien ek menige potensiële ongelukke rondom my …wat wag om te gebeur.
Omtrent alle voetgangers loop deesdae met oorfone in die ore en wis niks van verkeer rondom hulle. Kyk nie en hoor ook nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.