Man val by afgrond af

Foto: ER24

ʼn Man in sy 40’s is ernstig beseer toe hy by ʼn afgrond af geval het in Winston Park in Hillcrest net buite Durban.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 15:30 op die toneel aangekom.

“Paramedici is na die agterkant van ʼn eiendom geneem. Die man het sowat 60 m ver geval.”

Volgens Van Huyssteen het paramedici ʼn wyle geneem om by die man uit te kom waar hy aan die onderkant van die afgrond in ʼn stroompie gelê het. “Die man is ondersoek en daar is bevind hy het ernstige beserings opgedoen.”

Die polisie, soek-en-reddingswerkers en paramedici het vir sowat drie uur gespook om die man na veiligheid te bring waarna hy na ʼn hospitaal gehaas is vir verdere mediese behandeling.

Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HPV ·

Val of afrol teen ‘n skuins helling? 60 meter, ongeveer 20 verdiepings, is ‘n geweldige val regaf en dit sal ‘n wonderwerk wees as enige mens dit oorleef. Maar in elk geval sterkte vir die man.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.