Die 45-jarige man wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op ʼn ma en haar twee dogters, het Dinsdag flou geval voor sy hofverskyning in die Verulam-gesinshof.
Volgens Reaction Unit South Africa is hulle omstreeks 11:23 na die aanhoudingselle van die hof ontbied nadat die beskuldigde sy bewussyn verloor het. Paramedici het die man begin behandel waarna hy sy bewussyn herwin het en glo verdere mediese bystand van die hand gewys het.
Die beskuldigde het hierna vlugtig in die hof verskyn en volgens lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, is die saak tot 3 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek. Die beskuldigde bly in aanhouding.
Maroela Media het vroeër berig Jane Govender (44) en haar dogters, Rackelle Govender (16) en Denisha Govindsamy (22), is Vrydagoggend in hul woonstel in Longcroftrylaan in Phoenix vermoor. Sagren Govindsamy, Jane se man en pa van die meisie en jong vrou, het op die liggame afgekom.
Zwane het vroeër gesê die polisie het onverpoosd gewerk om die beweerde moordenaar, ’n man wat baie goed bekend is aan die gesin, in hegtenis te neem. Sagren het glo omstreeks 07:30 by sy woonstel in Tashmeer Mansions opgedaag en aan die deur geklop.
Hy beweer daar was nie antwoord nie. Hy het toe op die balkon geklim, die woonstel deur ’n agtervenster binnegekom en daarna sy vrou en een van sy dogters se liggame aangetref. Hulle het geen sigbare beserings gehad nie.
Sagren het die polisie in kennis gestel. “Nadat die polisie reeds die twee liggame weggeneem het en besig was om die huis te deursoek, het hulle die tweede dogter se lyk in die kas aangetref. Sý het steekwonde gehad,” het Zwane gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Dalk moes hy flou geval het voor hy die moorde gepleeg het…..
Siestog, toe val hy flou!
nou ja toe….
Ek as linkise liberalis is seker veronderstel om die man wat vlou val jammer te kry. Ek erken dat vlou val nie so erg is as dood val soos wat hy aan ander gedoen het nie, so dalk moet ons liberales eerder die vrou en kinders meer jammer kry.
Hy is seker ook nou skielik terminaal!?