Man val flou voor hofverskyning vir moord op ma, dogters

Die beskuldigde nadat hy glo flou geval het. Foto: Reaction Unit South Africa

Die 45-jarige man wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op ʼn ma en haar twee dogters, het Dinsdag flou geval voor sy hofverskyning in die Verulam-gesinshof.

Volgens Reaction Unit South Africa is hulle omstreeks 11:23 na die aanhoudingselle van die hof ontbied nadat die beskuldigde sy bewussyn verloor het. Paramedici het die man begin behandel waarna hy sy bewussyn herwin het en glo verdere mediese bystand van die hand gewys het.

Die beskuldigde het hierna vlugtig in die hof verskyn en volgens lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, is die saak tot 3 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek. Die beskuldigde bly in aanhouding.

Jane Govender (heel regs) en haar dogters, Rackelle (links) en Denisha (middel) (Foto: Facebook)

Maroela Media het vroeër berig Jane Govender (44) en haar dogters, Rackelle Govender (16) en Denisha Govindsamy (22), is Vrydagoggend in hul woonstel in Longcroftrylaan in Phoenix vermoor. Sagren Govindsamy, Jane se man en pa van die meisie en jong vrou, het op die liggame afgekom.

Zwane het vroeër gesê die polisie het onverpoosd gewerk om die beweerde moordenaar, ’n man wat baie goed bekend is aan die gesin, in hegtenis te neem. Sagren het glo omstreeks 07:30 by sy woonstel in Tashmeer Mansions opgedaag en aan die deur geklop.

Hy beweer daar was nie antwoord nie. Hy het toe op die balkon geklim, die woonstel deur ’n agtervenster binnegekom en daarna sy vrou en een van sy dogters se liggame aangetref. Hulle het geen sigbare beserings gehad nie.

Sagren het die polisie in kennis gestel. “Nadat die polisie reeds die twee liggame weggeneem het en besig was om die huis te deursoek, het hulle die tweede dogter se lyk in die kas aangetref. Sý het steekwonde gehad,” het Zwane gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Swartwolf ·

Dalk moes hy flou geval het voor hy die moorde gepleeg het…..

Liberaal ·

Ek as linkise liberalis is seker veronderstel om die man wat vlou val jammer te kry. Ek erken dat vlou val nie so erg is as dood val soos wat hy aan ander gedoen het nie, so dalk moet ons liberales eerder die vrou en kinders meer jammer kry.

Flou ·

Hy was nie te flou met die moorde nie – ….. Toe was hy grootman – en nou?

E.K. die eerste ·

Flou? Seker die “Sheiks” gekry! Ons ken mos…

E.K. die eerste ·

…Het natuurlik bedoel die “Shaiks” . Ek is seker die flouvallery was alles toneelspel.

Sarie ·

“Fake it till you make it” – As hulle ondersoek instel het hy of nie iets geëeet nie of hy het iets geëeet om flou te val. Lekker gemaklike verskoning om die hofsaak te laat sloer net sodat dit uitgegooi kan word.

Se net ·

Ek sien dat system Naam Collin Pillay is folgens koerant berigte. Die kerel van die ma wat vermoor is. Dis is Vir my altyd nogals snaaks hoe iemand moord pleeg en dan soos n hulpelose siel lyk as hulle uitgevang is.

Charlene ·

So hartseer dat mense mekaar so uitmoor…ons lewe in ‘n era waar ons lewens niks beteken nie vir ander nie. Ons is geseënd as ons vanaand gaan slaap en more lewendig wakker word.
Dis waarom ons moet lewe asof vandag ons laaste is.

Sheik ·

Gooi hom nat dat hy bykom en VERHOOR die moordenaar asb net … moenie dat hierdie mense met ‘siektes’ wegkom soos Shabir nie.

wonder net ·

Foeitog, as hy skuldig is gaan hy in die tronk nog baie kere flou val.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.