Man val hom dood toe polisie kom klop

Hillbrow, Johannesburg

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) stel ondersoek in nadat ʼn man Maandag uit ʼn woonstelgebou in Hillbrow, Johannesburg, gespring en hom dood geval het toe polisiebeamptes aan sy deur geklop het.

Ndileka Cola, woordvoerder van Opod, sê twee beamptes, ʼn konstabel en ʼn adjudant-offisier, van die polisie se speureenheid in Hillbrow het na bewering na die man se woonstel in die Moulin Rouge-woonstelgebou gegaan. Hulle wou sy woonstel deursoek nadat sy vriendin Saterdag ʼn saak van gesinsgeweld teen hom aanhangig gemaak het.

“Die man het die vriendin glo met ʼn broodmes in die regterhand gesteek,” sê Cola.

Die beamptes het aan die woonsteldeur geklop, maar niemand het oopgemaak nie. ’n Veiligheidswag, wat die beamptes na die woonstel vergesel het, het ’n spaarsleutel by die opsigter van die gebou aangevra om die woonstel oop te sluit. Die opsigter kon egter nie die sleutel opspoor nie.

“Die opsigter het toe ʼn beitel gebruik om die deur mee oop te maak. Terwyl hulle gespook het om die deur oop te forseer, het hulle ʼn gil gehoor. Toe hulle die deur oopkry, het hulle ontdek dat die man by ʼn venster van die woonstel uitgespring het. Die woonstel is op die vyfde verdieping van die woonstelgebou.”

Die beamptes het dadelik paramedici na die toneel ontbied, maar die man is op die toneel dood verklaar.

“Die oorledene se liggaam is later deur sy vriendin uitgeken,” het Cola gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Fedup ·

Break open a front door and the “suspect” jumps out the window?
I wonder.

Misky ·

Hy was dan skuldig aan meer as net die broodmes insident en geen onskuldige man met n skoon gewete spring sommer net nie

LD ·

Hyt dalk iets wat hy weg gesteek het. Skuldige gewete en wou nie uit gevang word nie…..

Hennie J ·

Die onnutsige feetjie het toe die planke uit die slee se vloer verwyder en toe val die ou ongelukkig.

Eltan ·

Onthou die is die polisie se weergawe van gebeure…
Wie se nie hy is uitgegooi nie…

Sandra ·

Hy het gespring. Duidelik was hy skuldig. Hoekom altyd negatief wees teenoor die polisie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.