Man val hom glo dood by EFF-vieringe

Duisende EFF-ondersteuners het na die FNB-stadion vir die feesvieringe opgeruk. (Foto: OmphileMaotwe/Twitter)

Die Gautengse polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek ná ʼn man hom glo die afgelope naweek by die EFF se verjaardagvieringe by die FNB-stadion in Johannesburg doodgeval het.

Lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê die man het glo Saterdagaand van vlak vyf tot vlak twee van die stadion geval.

“Daar word beweer dat die slagoffer gedans het, toe hy skielik geval het. Die polisie het verklarings van ooggetuies afgeneem,” sê Masondo.

EFF-ondersteuners van oor die land het die naweek na die stadion opgeruk vir die rooi barette se tienjaarvieringe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nonnie ·

Met soveel snert wat in so ‘n kort tydsbestek deur Malema gekekkel is, is dit eintlik ‘n wonder dat daar nie meer sulke gevalle was nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.