Man val na sy dood

Foto: Rescue Care

Foto: Rescue Care

ʼn Man is dood nadat hy van die dak van ʼn gebou geval het naby die Durbanse hawe in KwaZulu-Natal.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die man, glo in sy 40’s, het Saterdagmiddag op die dak van die gebou in Maydonweg gewerk toe hy sowat drie verdiepings ver geval het.

“Paramedici het die man ondersoek en gevind hy het kritieke beserings opgedoen en dat hy reeds dood was.”

Die presiese omstandighede rondom die voorval word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.