Man val na sy dood in Midstream

Argieffoto

Argieffoto

’n 28-Jarige man het Maandag 15 meter ver na sy dood geval van steierwerk by ’n pakhuis in Midstream.

Toe ER24 paramedici op die toneel aankom, het hulle die man onder die steierwerk aangetref met kritieke beserings aan sy kop en bors.

Noodbehandeling is toegepas en hy is na die Mediclinic in Midstream geneem vir verdere behandeling. Hy is gestabiliseer en met ’n helikopter na ’n private hospitaal in Johannesburg geneem, maar het tydens die vlug beswyk aan sy beserings.

Plaaslike owerhede ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Deloris ·

Ai… ek wonder waar was sy veiligheids toerusting as hy so hoog gewerk het !!!!

Hannes ·

Hi Landi Malan, Hier is geen pakhuis van meer as 6m hoog in Midstream nie. Waar presies het dit gebeur?

Sune van Heerden ·

Dagsê Hannes

Ons vra om verskoning vir enige misverstand. Die voorval het by ‘n pakhuis in Brakfonteinweg by Midstream plaasgevind.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

tiaan ·

Soos meeste van die tyd het die joenaliste maar net nie hulle feite reg nie.Dis seker by die pakhuis van Checkers of Wooworths wat 3km buite Midstream is. Nogtans hartseer.

Sune van Heerden ·

Dagsê Tiaan

Ons vra om verskoning vir enige misverstand. Die voorval het by ‘n pakhuis in Brakfonteinweg by Midstream plaasgevind.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Martin ·

Suné, jou kommentaar gaan nie ongesiens verby nie. Tog is die beste opsie dat Lindi haar slordige werk regstel of onttrek.

Maryna v Jaarsveld ·

Midstream is n residentsiele gebied ons het geen pakhuise hier nie. Miskien checkers NABY Midstream, maar nie IN Midstream nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.