ʼn 41-jarige man is Donderdagmiddag op ʼn bouperseel in Sandton in Johannesburg dood.
Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man, ʼn konstruksiewerker, het teen 13:30 by ʼn bouperseel in Graystonweg van ʼn hoogte, “verskeie verdiepings” ver, geval.
“Die man het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het Dollman gesê.
Die omstandighede rakende die voorval word ondersoek.