Man val na sy dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man in sy laat 20’s is dood nadat hy Sondag sowat 15 meter ver na sy dood geval het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by ʼn maatskappy in die nywerheidsgebied van Meyerton in Gauteng plaasgevind.

“Met paramedici se aankoms is die man op die vloer van ʼn groot gebou met ernstige hoofbeserings aangetref. Hy was deur sy kollegas omring. Hy is ondersoek en het geen tekens van lewe getoon nie. Ongelukkig kon daar niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Volgens Meiring is dit nie bekend wat tot die man se valdood gelei het nie. “Owerhede is ontbied en die voorval word ondersoek,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pam ·

Ek werk in n vliegtuig hangar en alle persone wat hoog bokant die grond werk het harnasse aan ! Hulle kan gly of net onvastig staan en daarom is dit n vereiste !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.