Man val uit helikopter op wildplaas

Die man is met ʼn Halo Aviation- mediese helikopter na die hospitaal geneem. (Foto: Jaco Kaalsen)

ʼn Man is Dinsdag noodgedwonge na ʼn hospitaal geneem nadat hy uit ʼn helikopter naby Bloemfontein geval het.

Volgens Jaco Kaalsen, paramedikus by Med24/7 in Bloemfontein, was die 46-jarige man besig om wild te tel op ‘n plaas langsaan die bekende Be Human-wildplaas in Glen net buite Bloemfontein, toe hy uit die helikopter geval het.

“Ons het ʼn oproep omstreeks 11:50 ontvang oor ʼn man wat uit ʼn helikopter geval het. Hy het in die veld gelê en het ernstige beserings opgedoen.”

Paramedici het die man op die toneel gestabiliseer en behandel.

Hy is kort daarna met ʼn Halo Aviation- mediese helikopter na die Rosepark-hospitaal in Bloemfontein geneem vir verdere behandeling.

Med24/7 was eerste op die toneel en het die man behandel. (Foto: Jaco Kaalsen)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Colin ·

Gewoonlik word wild getel met ‘n Robinson R22 of R44 helikopter. Indien dit R22 was is dit ‘n twee sitplek masjien wat dit onmoontlik maak om ‘n persoon wat moontlik rug- en nekbeserings opgedoen het te vervoer. Die helikopter wat die beseerde afgevoer het is toegerus om dit te doen en verdere skade te verhoed

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.